Bermanzi Mountain Retreat & Trails

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bermanzi Mountain Retreat & Trails is in die Skurweberge tussen Machadodorp, Waterval-Boven en Badplaas geleë en bied eenhede met slaapplek vir tussen 2 en 10 gaste.

Gaste kan die Vakashani Chalet vir 10 gaste, In The Rocks 4 Two vir 2 gaste of die Stalle vir 8 gaste elk bespreek.

Die Vakashani Chalet is 'n luukse dubbelverdieping-chalet van klip met skouspelagtige uitsigte oor die Komati-riviervallei en omgewing. Die chalet het 3 slaapkamers en 3 volledige badkamers. Daar is ook 'n kombuis wat toegerus is vir selfsorg met 'n elektriese stoof en yskas. Elektrisiteit en sonkrag word gebruik vir beligting. Die chalet het ook 'n TV met DStv en 'n kaggel. Gaste kan ook in die rotsswembad afkoel, in die reën seisoen.

In The Rocks 4 Two is die ideale romantiese wegbreekplek en dit het 'n en suite-badkamer. Die chalet het 'n privaat kombuisie met 'n elektriese stoof, yskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Dit het ook 'n TV met DStv en gaste kan op die patio met braaigeriewe kuier.

Die Stalle was voorheen perdestalle en is ideaal vir stappers, kerkkampe, skoolgroepe, spanbougroepe van maksimum 50 gaste. Die Stalle het 6 kamers met stapelbeddens en ablusiegeriewe. Die eenheid het toegang tot 2 kombuise met yskaste, mikrogolfoonde, eetgerei en breekware. Gaste het ook toegang tot 2 bomas. Die tarief wissel afhangend van die gekose staproete. Die huidige tarief sluit die 2 dae lange Bermanzi-sirkelroete in. Gaste kan ook die 2 dae lange Oom Paul-rugsakreisigersroete bespreek.

Bermanzi Mountain Retreat & Trails bied verskeie besienswaardighede en doendinge soos voetslaan tot by Bride's Leap-waterval, voëlkyk te danke aan die meer as 185 spesies, sterrekyk, bergfietsry, en perdry, op bespreking. Forelvang kan op versoek by die buurplaas gereël word. Verskeie swempoele kan gevind word op die staproetes.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bermanzi Mountain Retreat & Trails gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false