Bermuda 406

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 30 Sep 2019 tot 21 Nov 2019.

Beskrywing

Bermuda 406 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks teen die see in Ballito. Die kompleks bied direkte toegang tot Williard-strand en is loopafstand van die winkels en restaurante af. Die woonstel is op dieselfde vlak as die parkeerarea so daar is nie hysbakke of trappe nie.

Bermuda 406 het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders in 3 slaapkamers en die woonstel het gedeeltelike uitsigte oor die see. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en daar is 'n stapelbed in die derde slaapkamer. Die gedeelde badkamer het 'n stort. Daar is lugversorging in die hoofslaapkamer.

Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof en oondjie, mikrogolf, en kookgerei. Daar is ook 'n TV en die kompleks het 'n braai-area en 'n swembad. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. (Nie Explorer of PVR nie.)

Die daaglikse skoonmaakdiens duur 1 uur en sluit nie die was van skottelgoed in nie. Daar is nie skoonmaakdienste op Sondae en openbare vakansiedae nie.

Nabygeleë doendinge en besienswaardighede: Ballito Junction Mall, Zimbali Buiteklub, Ballito Leefstylsentrum, swem, branderry, snorkel, vlieërbranderry, visvang en voetslaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Bermuda 406 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bermuda 406 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 060 R954 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 30 Sep 2019 tot 21 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za