Bermuda Flat Ballito

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 30 Sep 2019 tot 21 Nov 2019.

Beskrywing

Bermuda 405 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Ballito. Die kompleks bied direkte toegang tot Willard Beach en is stapafstand vanaf verskeie winkels en restaurante.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers en gedeeltelike see-uitsigte. 2 van die slaapkamers het dubbelbeddens en die derde slaapkamer 2 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.

Daar is ook 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, 'n broodrooster en kooktoebehore. Die eenheid het nie lugversorging nie. Verdere geriewe sluit 'n waaier en 'n TV in en die kompleks het ook 'n gemeenskaplike braai en 'n swembad. ’n DStv-hotelpakket is beskikbaar, maar gaste kan ook hul eie dekodeerder en -slimkaart saam. Dis egter nie gepas vir Explora- of PVR-dekodeerders nie. Die woonstel is rolstoelvriendelik.

Die daaglikse skoonmaakdiens sluit nie skottelgoedwas in nie en is net vir 'n uur lank. Dis nie op Sondae of openbare vakansiedae beskikbaar nie.

Besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit Ballito Junction Mall, Zimbali Countyr Club, Ballito Lifestyle Centre, swem, branderplankry, snorkel, vlieërbranderplankry, visvang en voetslaan.

Ons aanvaar nie besprekings deur studente onder 25 jaar wat nie deur volwassenes vergesel word nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Bermuda Flat Ballito sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bermuda Flat Ballito gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 295 R1 036 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 30 Sep 2019 tot 21 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za