Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 25 Apr 2024 tot 31 Aug 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Duke-straat 3, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 450R1 160 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Betty’s Boutique Hotel bied B&B-verblyf in Mosselbaai en is 'n geskiedkundige huis wat in 1903 uit kalksteen opgerig is. Die huis is baie elegant en word deur die Erfenisvereniging as ’n historiese skat bestempel.
Verblyf word aangebied in 6 luukse slaapkamers. Drie van die slaapkamers is in die hoofhuis geleë en die ander 3 is apart in die binnehof en tuin om meer privaatheid te bied. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste en het hul eie en suite-badkamer, lugversorging en platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Kinders tot die ouderdom van 12 kan teen ekstra koste op 'n kinderbedjie in The Royal en Rose-suites slaap. Let dat dit slegs vir 1 kind per kamer is.
Die bekende a la carte-ontbyt is beskikbaar, asook 'n Engelse middagtee wat Woensdae en Saterdae gebied word mits gaste vooraf bespreek. Die pragtige tuin het 'n groot privaat swembad met sonstoele en verskillende sitareas. Daar is 'n braai-area waar tot gaste se beskikking en die groot sitkamer het 'n Edwardiaanse kaggel en 'n groot TV met sekere DStv-kanale. Dié kamer het dan nog 'n pooltafel en vensters wat 'n uitsig oor die tuin in die rigting van die see en op die berge bied.
Daar is ook 'n Speakeasy-kroeg op die onderste verdieping, waar gaste skemerkelkies, wyn en tapas kan geniet. Gaste moet asb. hulle tapas-tafel voor aankoms of in die oggend na ontbyt bespreek aangesien spasie beperk is.
Hierdie huis het 'n groot stoep en spog met wonderlike tuine met 'n uitsig oor die Indiese Oseaan en op die Outeniekwaberge. Daar is ook 'n kinderspeelarea en 'n boomhuis, swaai, wipplank en 'n sandpit in die tuin. Die hotel word deur die eienaars en hul gesin bestuur en is Betty's vernoem na die moeder van die eienaar wat van tee en fyn porselein gehou het.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Lewis Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 25
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Duke-straat 3, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Betty’s Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sentraal Mosselbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Duke-straat 3, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap