Big Bay Beach Club 122
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Otto du Plessis-rylaan, Big Bay Beach Club 122, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 020 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Big Bay Beach Club 122 is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand, 'n voorstad met ongelooflike uitsigte op Tafelberg. Dit is die perfekte plek vir besoekers wat Kaapstad en omliggende areas wil verken. Die goue strand is ideaal vir watersporte soos seilplankry en vlieërplankry. Ander doendinge sluit vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies doen en uiteet in. Die Big Bay Beach Club is veilig, gesinsvriendelik en het 'n gemeenskaplike swembad en 'n speelarea.
Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike L-vormige bank en 'n platskerm-TV teen die muur. Die sitkamer lei na 'n balkon met draagbare braaigeriewe, sitplek vir 2 en dit is die perfekte plek om te sien hoe die son oor Tafelberg en die Moederstad sak.
Slaapplek
’n Bespreking by Big Bay Beach Club 122 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 650
Jare op LekkeSlaap 12
Ligging
- Otto du Plessis-rylaan, Big Bay Beach Club 122, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Big Bay Beach Club 122 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Big Bay Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Otto du Plessis-rylaan, Big Bay Beach Club 122, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom