Bollinger Guesthouse
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 24 Feb 2024 tot 12 Apr 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barriestraat 38, Glen Barrie, George, 6529, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
-
Vanaf
R1 300R1 170 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bollinger Guesthouse is in 'n rustige area in Glen Barrie en dit bied 'n uitsig oor die woud en op die berge en dit beskik oor 2 gemaklike dubbelkamers met en suite-slaapkamers wat toegang bied tot 'n groot gedeelde stoep waar koffie- en teemaakgeriewe en 'n yskassie is.
Genier die pragtige tuin met 'n soutwaterswembad en 'n jacuzzi. Beide kamers is stylvol versier en elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet, 'n slim-TV met Netflix en 'n internetkonneksie. Die Protea-kamer het lugversorging en 'n verwarmer. 'n Omsetter is geïnstalleer vir beurtkrag en dit verseker dat die ligte, internet en die slim-TV's in die kamer werk tydens 'n kragonderbreking. Die Jacuzzi werk nie met sonkrag nie en kan dus nie tydens beurtkrag gebruik word nie. Indien gaste dit wil gebruik moet hulle die eienaars 'n dag voor inklok in kennis stel, aangesien dit 6 ure neem om warm te word. Gaste ontvang 'n gratis uur per dag om die Jacuzzi te benut.
Die kamers word gratis skoongemaak op Maandae, Woensdae en Vrydae.
Die Bollinger Guesthouse is 'n goeie basis om die Tuinroete te verken. Die Tuinroete is bekend vir beelskone uitsigte, fynbos, lang strande en van die wêreld se mooiste gholfbane. Veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar. Daar is 'n alarmstelsel wat tydens die nag aangeskakel word vir ekstra veiligheid.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Barriestraat 38, Glen Barrie, George, 6529, Wes-Kaap
- Gaste dink Bollinger Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Glen Barrie George Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barriestraat 38, Glen Barrie, George, 6529, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12