Blue Bay Lodge & Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Blue Bay Lodge met sy elegante gewels, lê slegs 'n paar meter bo die wyduitgestrekte strande van Saldanhabaai, 'n rustige vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika, 120 km noord van Kaapstad. Die lodge, wat binne die oord geleë is, beskik oor gerieflike en ontspanne verblyf met verskeie dienste en doendinge.

"Ontspanning" is prioriteit by ons. Die Blue Bay Lodge is die ideale toevlug vir ontspanning - ver weg van die stadgedruis. Of jy nou 'n glasie wyn wil klink terwyl jy die lieflike uitsig bewonder, 'n boek sit en lees met die geruis van die see in die agtergrond of vir 'n lang stappie langs die see gaan, die Blue Bay Lodge bied iets vir almal.

Die lodge beskik oor gerieflike 3-ster-akkommodasie, en suite-kamers met breë terrasse waar drankies bedien word, terwyl gaste die walvisse en tornyne in die oseaan kan bewonder. Heerlike etes word deur ons welbekende a la carte restaurant, 'Blue Bay Café', bedien.

Die Blue Bay Lodge lê veilig langs 'n paar selfsorg-strandhuisies binne die oord. Elke huisie is gerieflik toegerus sodat gaste heerlik agteroor kan sit en ontspan.

Korporatiewe afgevaardigdes wat dikwels van ons ten volle toegeruste konferensiekamers gebruik maak, waardeer die privaatheid en rustigheid wat die lodge bied. Besighede of privaat groepe hou dikwels spanbou-byeenkomste by die Blue Bay Lodge en omliggende natuurskoon. Etes en akkommodasie binne die lodge of huisies is deel van die pakket.

Ongeag jy vir 'n rustige naweek wil wegbreek, 'n vakansie saam met jou gesin wil deurbring of 'n konferensie moet bywoon, is die Blue Bay Lodge net die plek vir jou. Neem die R27 langs die Weskus na ons toe - Blue Bay Lodge het dit alles!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Bay Lodge & Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za