Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Blue Dolphin Guest Suite

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Bitou Place 483, Brenton on Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 200 R1 080 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Blue Dolphin Guest Suite bied gerieflike selfsorgverblyf in die gewilde Brenton on Sea en dit is sowat 15 km vanaf Knysna. Hierdie eiendom is slegs 'n entjie vanaf klein afgesonderde strande, asook 'n strand wat 5 km strek en ideaal is vir lang wandelings langs die ongerepte kuslyn. Hierdie is 'n wonderlike bestemming vir natuurliefhebbers wat na 'n ontspanne omgewing wil terug keer na 'n dag op die strand of nadat hulle die pragtige Tuinroete verken het.

Dié suite beslaan die hele grondverdieping van 'n drieverdieping-houthuis. Dit het 'n privaat ingang en terras, asook 'n ruim leefomgewing. Hierdie eiendom bied die ideale basis vanwaar gaste die pragtige omgewing kan verken.

Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, toilet en 'n wasbak.

Die suite beskik oor 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, broodrooster, koffiedompelpot en 'n Nespresso-masjien toegerus. Die leefarea het 'n groot kroegtoonbank en stoele waar gaste hul aandetes kan geniet, asook 2 gemaklike rusbanke om te ontspan, lees en bordspeletjies te speel of na die groot verskeidenheid DVD's te kyk. 'n Slim-TV met gratis WiFi is ook beskikbaar.

Gaste kan ook van die buitetafel en stoele, 2 sonstoele asook 'n Webber-braai gebruik maak. Hierdie eiendom maak van sonkrag as 'n alternatiewe energiebron gebruik.

Onderdakparkeerplek met outomatiese toegangsbeheer is op die perseel teen geen ekstra koste beskikbaar.

Daar is 2 restaurante, 'n klein winkel asook 'n deli en koffiewinkel wat stapafstand vandaf hierdie woonstel is. Daar is ook 'n paar ander restaurante binne ry-afstand. Hierdie bied gaste met opsies indien hulle verkies om uit te eet.

Die voëllewe in hierdie omgewing is besonders en die Knysna Loerie, bosbokke en muishonde besoek die eiendom gereeld. Troeteldiere word nie toegelaat nie.

Gaste kan rustig langs Fisherman's Walk op die Brenton-kranse stap, dit is sowat 100 m vanaf die eiendom. Gaste kan ook op een van die banke langs hierdie staproete sit en die uitsigte oor die kuslyn geniet. Gedurende Junie tot November besoek die suidelike noorkapper walvisse die kuslyn. Hulle kan dikwels vanaf die boonste dek van Fisherman's Walk gesien word. Dolfyne en boggelrugwalvisse sowel as orka's word ook gereeld deur die jaar opgemerk.

Slaapplek

’n Bespreking by Blue Dolphin Guest Suite sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Patio
  • Privaat ingang

Dienste

  • Koordlose internet

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 24 resensies vir Blue Dolphin Guest Suite
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Jaar gelys 11

Ligging

  • Bitou Place 483, Brenton on Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Blue Dolphin Guest Suite het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R1 200 R1 080
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 200
R1 200 R1 080
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Bitou Place 483, Brenton on Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2a9fd3eba224423e7985ff77dac30cd3369d5d8ca3c01515830e5ba2cac4a9263d40721bb02f5a9f3b92b7f1577dc9f0bc2f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R1 080 per nag (plek vir 2) 24 5 1 5 Bitou Place 483 Brenton on Sea 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -34.073777269098 23.030444383621
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem