Bo La Motte Farming and Tourism

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bo La Motte is aan die voet van die Middagkransberge geleë en dis naby die pragtige dorp Franschhoek. Die verblyf spog met lieflike uitsigte op die berge en oor die wingerde en damme in die omgewing.

Die plaas bied verblyf in 6 kothuise en dis ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers en gesinswegbreke. Die Pump House en Oak Cottage het elkeen 1 slaapkamer. Goose Cottage, Pear Tree Cottage en Milkwood Cottage het elkeen 2 slaapkamers en die Owl Cottage is die grootste eenheid met 3 slaapkamers.

Elke kothuis het 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Linne en bad- en swemhanddoeke word voorsien. Elke eenheid het 'n stoep met braaigeriewe en 'n kaggel in die leefarea vir koue wintersdae.

Daar is gratis WiFi en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die meeste van die sportskanale is beskikbaar vir sportliefhebbers.

Gaste is welkom om die plaas te verken, 'n piekniek te hou, die hoenders met broodkrummels te voer of op die bank met 'n goeie boek en glas wyn te ontspan.

Daar is 6 vriendelike honde wat op die perseel woon en gaste sal deur hulle verwelkom word met aankoms. Laat weet asb. die instansie vooraf as jy nie van honde hou nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Spaans

Konferensie geriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bo La Motte Farming And Tourism gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]