Boat House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Boat House is ’n ruim selfsorghuis vir 9 gaste in Arniston.

Dié dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers wat die gebruik van 3 badkamers deel. Twee van die kamers het elk ’n dubbelbed en die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n ekstra enkelbed in die hoofslaapkamer. Beddegoed word voorsien. Gaste moet asseblief hulle eie handoeke saambring.

Die groot, oopplan-kombuis is toegerus met ’n stoof, oond, mikrogolf, yskas en etenstafel met sitplek vir 10. Die sitarea het ’n TV met DStv en daar is ’n kaggel.

Die leefarea lei na ’n onderdakstoep wat toegang tot die swembad het. Let asseblief daarop dat die swembad op eie risiko gebruik word en dat kinders onder toesig moet wees. Daar is ’n ingeboude braai-area in die omheinde tuin. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Die motorhuis en buitekroeg is nie ingesluit by die huur nie.

Arniston bied verskeie restaurante, lieflike strande, swem, fietsry, perdry, bergfietsry- en voetslaanpaaie, visvang, walviskyk, duik tussen die skeepswrakke en veel meer. Gaste kan ook die spa by die Arniston Hotel en die Waenhuiskrans-groote besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Boat House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boat House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 489 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za