LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bobbejaan Kloof Bass & Quad Lodge | LekkeSlaap
+5

Bobbejaan Kloof Bass & Quad Lodge

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geduld Plaas, Hartbeesfontein, 2600, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Bobbejaan Kloof Bass & Quad Lodge is 'n wegbreek-bestemming vir gesinne en is naby Hartbeesfontein in die Klerksdorp-omgewing geleë.

Verblyf word aangebied in 5 sonderlinge grasdak-houtchalets wat slaapplek vir 20 gaste bied. Elke chalet beskik oor 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Gaste het toegang tot gemeenskaplike badkamers en 'n sit- en eetarea.

Die daaglikse tarief sluit ontbyt in. Aandete en middagete is opsioneel en kan in die gemeenskaplike en opelug-grasdakhoofgebou geniet word. Vir diegene wat die selfsorg-opsie verkies, is daar braaigeriewe, sowel as 'n groot braai-area wat vir groot groepe ontwerp is. Hiér kan gaste lekker om 'n vreugdevuur kuier. Wanneer die weer sleg is, kan gaste in die knus sit- en eetarea braai.

Begeleide vierwielmotorfiets-roetes is beskikbaar: van moddergate en skuinstes, tot 'n besigtigingstoer deur wildplase en panoramiese landskappe. Daar is baie grondpaaie om die plaas beskikbaar vir diegene wat nog verder wil ry. Perde, wild- en veeboerdery in 'n pragtige omgewing wat deel is van die wêreldbekende Vredefortkoepel kan vanaf jou vierwielmotorfiets bewonder word. Ander doendinge sluit in visvang in 'n dam met tien verskillende visspesies, soos baars en karp. Die natuurlike plantegroei en die riete om die dam maak dit ideaal vir voëlkyk. Daar is ook staproetes deur klowe en oor rotsriwwe waar bobbejane gereeld raakgesien word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Alle Etes Ingesluit
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 7 resensies vir Bobbejaan Kloof Bass & Quad Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Geduld Plaas, Hartbeesfontein, 2600, Noordwes
  • Gaste dink Bobbejaan Kloof Bass & Quad Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Hartbeesfontein Noordwes
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geduld Plaas, Hartbeesfontein, 2600, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAzNDFhMDU0LTA2ZWUtNGFjNi1iZTI3LTY1MzgxM2FhNjhkMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 7 5 1 5 Plaas Geduld Hartbeesfontein 2600 Noordwes 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.691225242565 26.451226472855
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!