Boerseun Rusplek

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Boerseun Rusplek is 'n selfsorghuis in Marlothpark en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Marlothpark grens aan die Krugerwildtuin en die naaste hek is die Krokodilbrughek wat net 25 km van die huis af is.

Die huis het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer is op die grondverdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer is op die eerste verdieping en het 3 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Daar is ook 'n gastetoilet op die grondverdieping en in die leefarea is daar ook 'n slaapbank. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie linne vir die slaapbank en handdoeke vir ekstra gaste saambring.

Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste in die eetkamer. Daar is plafonwaaiers in al die kamers en ook 3 losstaande waaiers.

Braaigeriewe, stoepmeubels en 'n plonspoel is beskikbaar. Hout en houtskool kan by die winkel in Marlothpark gekoop word.

Slaapplek

'n Bespreking by Boerseun Rusplek sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boerseun Rusplek gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false