LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+52
Selfsorg in Franskraal

Bokkompie 677 Uilenkraalsmond   Prime picks icon.

Prime picks icon.

7 gaste

3 slaapkamers

4 beddens

1 badkamer

10% AF!
Naweekaanbod
Kry 10% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Sep 2026 tot 30 Nov 2026.
  • Slaapplek vir 7 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 677 Kraanvoel Street, Uilenkraalsmond Holiday Resort, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Bokkompie 677 Uilenkraalsmond is 'n gerieflike selfsorgvakansiehuis in die gewilde Uilkraalsmond-vakansieoord in Franskraal, net 7 km vanaf Gansbaai. Hierdie kusdorpie in die Overberg is 'n gewilde toeristebestemming met opwindende aktiwiteite.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitarea wat na 'n lieflike binnebraai-area lei. Dié oopplan-area is ruim en prakties ingerig met 'n etenstafel met 6 stoele. Daar is 'n Kolkol-houtvuurwarmbad onder die sterre. Daar is ook 'n buitewasbak om die vangs van die dag af te spoel.

Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien en gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, lugbraaier, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die ruim sitarea het 'n gemaklike L-vormige bank en 'n TV.

Die huis is beveilig met diefwering, sekuriteitsligte buite en 'n glyhek. Daar is ook 'n alarmstelsel op die perseel. Die oord het 24 uur-sekuriteit en word met toegansbeheer bereik.

Die huis is stapafstand van die meer en in die oord is daar 'n waterglybaan en putt-puttbaan wat kinders kan geniet asook 'n geriefswinkel wat sorg vir 'n wonderlike vakansie-ervaring vir gesinne.


Kamer-opset

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Dubbelbed

1 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Warmbad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 63 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Zerilda J
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker naweek wegbreek plek. Lekker naweek wegbreek plek. Daar is ook 'n winkel in die oord. Eienaars van Bokkompie 677 is altyd beskikbaar vir enige ...
Sien meer
Sep 2026
Tinor L
Gesin met klein kinders
5.0
Absoluut fantasties. Absoluut fantasties perfekte ontspan en wegbreek bestemming.
Aug 2026
Ebrahiem H
Gesin met klein kinders
5.0
Fully enjoyable. Stay was great. House was clean and fully equipped.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2026
Donnay L
Saam met vriende
5.0
Amazing stay. This place was really awesome. It was spacious and has everything you need.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2026
Danell E
5.0
Rustig, fantasties. Dit was die beste naweek ooit.
Apr 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Mariana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 63

Op LekkeSlaap 5 jaar

Antwoord gewoonlik binne 30 minute

Ligging

  • 677 Kraanvoel Street, Uilenkraalsmond Holiday Resort, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bokkompie 677 Uilenkraalsmond het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
10 % AF
R1 950 R1 755
per nag (plek vir 7)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 950
10 % AF
R1 950 R1 755
per nag (plek vir 7)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R1 950
10 % AF
R1 950 R1 755
per nag (plek vir 7)
Bespreek

677 Kraanvoel Street, Uilenkraalsmond Holiday Resort, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 7 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA33716575af153807173936c1c1056cee602be5c13b42d4a518d1416fc718abc48b03583d1b897623f3d42c00331cc77eaf3c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 950 nouVanaf R1 755 per nag (plek vir 7) 63 5 1 5 677 Kraanvoel Street Uilenkraalsmond Holiday Resort 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.602117866143 19.410602156761

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang