Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bokmakierie Villa

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Konnie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Jaar gelys 1

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir Bokmakierie Villa
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5
Sonja T - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Sonja T
Gesin met klein kinders

Die plek is pragtig en my mense is pragtig, so ek het die beste daarvan gemaak.

Die eienaar is 'n tiran, bombasties, onbeskof. Hy het die naweek vir ons onaangenaam gemaak. Hy het geen manier om met mense te praat nie. Hy het nie 'n skoonmaakdiens nie, en, vir die prys wat ons moes betaal kon hy ten minste dit gereël het. My skoonmaakvernuf en tyd om sy huis skoon te maak vir sy volgende klient gaan my ook nie aan nie. Hy het letterlik vir ons vertel hoe om te leef so asof ons nie weet nie. Ek is regtig nie beïndruk nie. Een van sy sleutels (koste omtrent R25) het net gebreek toe my skoonseun dit in die deur druk. Omdat dit naweek was, was daar geen dienste nie, soos 'n locksmith sodat ons dit kon vervang nie. So stuur ek vir hom 'n foto en vra hom om vir my die rekening te stuur of te laat weet hoe ek daarvoor kan betaal. Sal die man nie vir my stuur "Hoe die fok breek julle 'n sleutel?" Hoe durf hy so met iemand praat wat hy nie ken nie. En dit met 'n vrou. In my oe is hy 'n onbeskofte, ongepoetste buffel met geen maniere en geen respek vir vrouens nie. Nee dankie, jy sien my nie weer nie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bokmakierie Villa se terugvoer

Sonja

Weereens baie dankie vir julle bespreking by Bokmakierie Villa, veral gegewe die uitgerekte proses met die betaling van die deposito.

Die skoonmaakspan was baie beïndruk met presies hoe netjies julle die huis gelos het, al is dit nie wat in die huisreëls vereis word nie, baie dankie daarvoor.

Die sleutel het ek reeds vervang.

Ek hoop dat julle die ekstra tyd wat julle Sondag gekry het om nog te kuier, geniet het.

Dit was 'n plesier om julle te akkomodeer en julle is meer as welkom om weer terug te kom.

Konnie

Bokmakierie Villa
Willem G - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Willem G
Gesin met klein kinders

Lekker op die Golden Mile strand.

Vir seker een van die beste vakansieplekke op die Golden Mile strand in St Helena. Die huis het alles wat mens benodig, dit gee 'n regte "home away from home" gevoel. Ons kinders het dit baie geniet. Perfek vir 'n familie met klein kindertjies. Baie dankie aan die eienaar en toesighouer. Julle is tops. Sal vir seker weer kom kuier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Peter V - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Peter V
Gesin met klein kinders

Baie lekker

Die huis is besonder kindervriendelik met baie lekker speel opsies en 'n speelkamer. Sy ligging is perfek en dit is 'n lekker kuierplek. Ek sal dit beslis aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Le-lue V - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Le-lue V
Saam met vriende

Perfekte wegbreek!

Dit was 'n heerlike naweek. Die huis is baie goed uitgelê vir kinders ook. Baie vir die hele gesin om te doen. Ons was 4 gesinne wat die naweek gegaan het en niemand was onder mekaar se voete nie. Baie spasie. Die 2 skottelgoedwassers is 'n droom! Die sintetiese gras is 'n wenner vir die kinders en dit is 'n paar meter van die see af. Wat 'n lekker plekkie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bokmakierie Villa se terugvoer

Le-lue
Baie dankie vir die mooi en positiewe resensie, ek waardeer dit baie. Ek hoop ek kan julle weer huisves daar in die toekoms. Bemark die huis asb. by julle vriende, julle ken mos baie mense, baie voorspoed vir julle vir die res van die jaar en toekoms.
Groete
Konnie

Bokmakierie Villa
Vanaf
R8 500
per nag, vir 12 mense
Vanaf
Vanaf R8 500
per nag, vir 12 mense
Vanaf
R8 500
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Golden Mile Boulevard 118, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c07c561046d6ca0610adb8ad11ede8e91d0e0ed4763579242c8c53e4ff68b602970830a0f52cedc239492f1e901f212a52e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 500 per nag, vir 12 mense 4 5 1 5 118 Golden Mile Boulevard Golden Mile 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -32.7208057 17.953959
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem