Bokmakierie Villa
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Golden Mile Boulevard 118, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R8 500 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Bokmakierie Villa is 'n ruim grasdakhuis wat selfsorgverblyf aan 'n gesin in Golden Mile, St. Helenabaai, bied. Dit bied direkte toegang tot die strand en spog met 'n 180 grade-uitsig oor die see.
Die huis is geskik vir 12 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed. Die ander 2 badkamers het onderskeidelik 'n bad en stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en 'n pizza-oond toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Die TV-kamer is ideaal vir kinders, maar daar is nog 'n TV met DStv-kanale in albei leefareas. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Verder spog die huis met 'n onderdakstoep, ingeboude braaigeriewe en nog sitplek. Gaste kan voor die huis op die kunsgras speel en op die trampolien baljaar. Die huis word met 'n alarm, diefwering en veiligheidshekke beveilig. Gaste kan die sand na 'n dag by die see onder die buitestort afspoel. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Bokmakierie Villa sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Konnie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Jaar gelys 1
Ligging
- Golden Mile Boulevard 118, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Bokmakierie Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Golden Mile St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Golden Mile Boulevard 118, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom