Boplaas Cottages
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boplaas Cottages, Gamkaskloof, 6930, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Boplaas Cottages is in die afgeleë Gamkaskloof, wat soms Die Hel genoem word. Verblyf is beskikbaar in 2 'Kloovers'-kothuise wat versigtig opgeknap is om hul bekoring en egtheid te behou.
Vaal Johannes is ’n eenslaapkamer-kothuis wat bekend is onder wittebrood-paartjies. Daar is ’n klein sitkamer en ’n dubbel-slaapkamer met mooi uitsigte op die berg. Die kombuis het ’n tafeltjie met 2 stoele, ’n Dover-stoof, enkelplaat-gasstoof en ’n yskas. Die badkamer se ingang is buite en het ’n stort, toilet en wasbak.
Daar is ’n braai-area met ’n tafel en stoele waar gaste kan dit en na die plonspoel en suidelike berg kyk. ’n Rooster, potjiekospot en eetgerei is beskikbaar.
Oom Hannes het slaapplek vir 6 gaste in 3 gerieflike kamers. Daar is probeer om die kothuis se ou rustieke bekoring te behou. Die oorspronklike trappe, balke, rietplafonne en die haard met die Dover-stoof is steeds oorspronklik. Daar is ’n sitkamer-area met ’n etenstafel vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het ’n uitsig op die suidelike berg en ’n en suite-toilet. Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed en front noord. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens met ’n venster wat uitkyk na noord.
Die kombuis is met ’n Dover-stoof, ’n tweeplaat-gasstoof en ’n yskas toegerus. Die badkamer lei van die voorstoep af en het ’n stort, toilet en wasbak. Die braai-area het skaduwee en oorgenoeg sitplek. ’n Rooster, potjiekospot en eetgerei is beskikbaar. Die plonspoel is heerlik op die warm dae.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Boplaas Cottages, Gamkaskloof, 6930, Wes-Kaap
- Gaste dink Boplaas Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boplaas Cottages, Gamkaskloof, 6930, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom