Bosaapie
Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 4 Jan 2021 tot 4 Mrt 2021.
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maroelaweg 585, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R895R716 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Bosaapie is sentraal in Marlothpark geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin. Dis maklik bereikbaar vanaf die N4 en naby verskeie doendinge, besienswaardighede en geriewe.
Die huis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gehaltematrasse, kussings en linne word voorsien en elke kamer het 'n waaier vir warm somersdae. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Gaste moet hulle eie beddegoed vir die slaapbank saambring. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.
Die sitkamer het oorgenoeg sitplek, 'n waaier en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die huis het lugversorging.
Daar is braaigeriewe en stoepmeubels op die stoep. Die huis het ook 'n plonspoel waarin gaste kan afkoel.
Die park het verskeie geriewe, soos 'n gemeenskaplike swembad en 'n restaurant op die oewer van die Krokodilrivier waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle kyk hoe die diere by die watergat drink.
Daar is sebras, bosvarke en ander wilde diere in die park. Daar is ook snags nagapies by die voerplekke.
Bosaapie is sowat 100 m vanaf die Krugerwildtuin se grens wat met die Krokodilrivier geskei word.
Nag- en daguitstappies in die Krugerwildtuin kan teen bekostigbare tariewe gereël word.
Mosambiek se grens is sowat 31 km weg en Swaziland se grens is 77 km weg. Gaste kan ook die Panoramaroete in Hazyview, wat 148 km weg is, verken. Dit sluit God's Window, Bourke's Luck-kolkgate by die Blyderivierspoort en Mac Mac met pragtige uitsigte in.
Gaste kan ook die wilde perde by Kaapsche Hoop anderkant Nelspruit aanskou.
Slaapplek
’n Bespreking by Bosaapie sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Maroelaweg 585, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Bosaapie het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maroelaweg 585, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom