Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bosnes

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Tharia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 5

Jaar gelys 2

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 2 resensies vir Bosnes
Netheid
2.5/5
Diens
3.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.0/5
Izak V - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
1/5
Izak V
Gesin met klein kinders

Teleurstellend.

Ek is teleurgesteld in die eienaar en haar "gasvrou". Ek het twee rotangstoele uitgedra vir my en my vrou om by die braaiplek te sit. Die stoele het middag nat gereën waarna ek en my vrou die kussingslope gewas het en die kussings laat droog het. Ons was nie bewus van sylstoele agter 'n bank nie tot na die naweek daar kom draai het nie. Ek het spesiaal nie gerook in die plek nie. Nou beweer hulle ek het hulle stoele skade aangedoen. Ek sou almal aanbeveel om video's en foto's te neem en 'n inventaris te maak van alles as hulle daar inboek. Die koffiemasjien het nie gewerk nie en die plek was vuil. Die handdoeke is nie goed gebruik nie, die plek is nie goed geventileer nie en daar is nie genoegsame ventilasie nie. Daar is 'n TV, maar ek weet nie hoekom. Daar is nie WiFi of DStv nie. Die wasmasjien vat twee kortbroeke en twee hemde, dan is hy vol. Vir 'n ses-slaapkamer moet jy dag en nag klere was en droog, en as jy kragonderbreking kry, wel, dan gaan jy met vuil klere loop. Daar is nie kopstukke aan beddens nie, en die kragproppe is agter die bed geleë, so as jy 'n laaier insit, val jou kussing agter die bed in. Die skuifdeurslot is los, en die ander skuifdeure kry mens nie met die ekstra slot gesluit nie. Die gate is nie in lyn nie, en hulle handvatsels is los. Ek raak nou moeg getik en gekla. Bel my as julle nog waarheid wil hoor.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bosnes se terugvoer

Die gas is reeds in Februarie ingelig dat daar nie WiFi by Bosnes is nie en is hy die opsie gebied om na UNWINd te verskuif teen dieselfde tarief, wat van die hand gewys is.
Die gas se eggenoot het weer daarom uitgevra en weer is dit uitgewys dat daar nie WiFi is nie. Hulle het nogtans besluit om Bosnes te bespreek, eerder as die eenheid (UNWINd) wat ons as alternatief aangebied het wat wel die verlangde fasiliteite bied.
Die fotos en beskrywing van Bosnes op LekkeSlaap en ander platforms wys pertinent uit dat dit 'n bos-huisie is, sonder WiFi, sonder kabel-TV, dat dit in die skadu van inheemse bome staan wat hul blare heel-dag afgooi en wat op die buite leefruimtes en buitebad val, en dat die huisie mufferig kan raak as dit lank toe-staan, veral as dit gereen het - wat wel die geval was. Die gas moes dus vooraf hieroor kennis geneem het en sodoende 'n ingeligte besluit neem of hy die bespreking wil bevestig, al dan nie. Menige gaste wil juis wegkom van sosiale en ander euwels van ons tyd en bespreek Bosnes spesifiek omdat hul die geleentheid om kwaliteit tyd saam hul geliefdes deur te bring, kan benut.
Woude kom (on)gelukkig met allerande gediertetjies, insluitende spinnekoppe. Enige-iemand wat die inheemse woude van die Tsitsikamma ken, sal jou vertel dat jy nou 'n spinnerak kan verwyder; netnou is dit weer daar. Insgelyks is wasgoed droogkry 'n uitdaging in meeste huise in Nature's Valley. Regstelling: dis 'n drie-slaapkamer huisie, nie ses-slaapkamers nie.
Wat die gebrek aan ventilasie aanbetref: Omdat dit 'n boshuisie is, het ons ontvogtigers geïnstalleer wat 24/7 as die plek toe-staan. Daar is genoegsame vensters en 4 x skuifdeure en kan gaste vir hul eie ventilasie verantwoordelikheid neem. Ongelukkig is bobbejane en ape 'n probleem en kan openinge nie sonder toesig oopgelaat word nie. Almal in Natures Valley het dieselfde probleem.
Handdoeke en linne is kwaliteit katoen en is gewas en gestryk twee dae voor die kliënte se aankoms. Die wasmasjien en tuimeldroeer is vir die gerief van gaste geïnstalleer - nie om linne en groot kussingslope in te was nie.
Die mede-eienaar van die kothuis het die gaste gewys hoe om te stroom (TV) en ook die kamp-stoele vir buite-gebruik uitgewys. Ongelukkig is daar nie hierop ag geslaan nie en is Malawiese rotanstoele buite-toe gedra en is dit in die reen gelos. Weens die nattigheid, het dit om die raam begin lostrek en sal ons dit ongelukkig moet vervang. Die balans van die breekskade deposito sal terugbetaal word sodra ons dieselfde stoele vind.
Ongelukkig het ons arbeidsprobleme ervaar, juis oor die gereelde en soms ongegronde klagtes van die gaste en het hulle haar weggewys toe sy wou kom skoonmaak.
Indien gaste nie van die stilte en uniekheid van 'n kothuisie in die bos, met alles wat daarmee saamkom, hou nie, is Bosnes beslis nie vir hulle bedoel nie.
NB: Bosnes is 'n rookvrye huisie.

Bosnes
Jade K - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jade K
Saam met vriende

We thoroughly enjoyed our stay.

The owner was very attentive and kept us in the loop with any issues relating to load shedding and the queries relating to the property. I even accidentally left something there which she went out of her way to locate and courier back to me in Cape Town.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bosnes se terugvoer

A pleasure having you! You are welcome back any time.

Bosnes
Vanaf
R3 850
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R3 850
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R3 850
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St George's 393, Nature’s Valley, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2066ab13f57b2a30e0d82806eaa055ab75962757ab21437fc821839684305074b876e01c53f318f1bb6be5ccbe57d5aa9e5c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 850 per nag, vir 6 mense 2 5 1 4 393 St George's Nature’s Valley 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.978354945417 23.561799044987
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem