Bosnes
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St George's 393, Nature’s Valley, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 850 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Bosnes is 'n dubbelverdiepingkothuis in die skadu van inheemse bome, in die hartjie van Nature's Valley op die Tuinroete. Dit is stapafstand van die Grootrivier-strandmeer en -strand geleë.
Dié kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers is bo in die solder geleë. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie twee slaapkamers het privaat balkonne en die gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer op die grondverdieping wat met 'n stort, toilet, wasbak, wasmasjien en tuimeldroër toegerus is.
Die boonste verdieping word via steil trappe bereik en kan gevaarlik wees vir jong kinders, bejaardes of gaste met gestremdhede.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, vrieskas, gasstoof, oondjie, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met stoele en die sitkamer het 'n rusbank en 'n platskerm-TV met stroomdienste. Geen WiFi of DStv is beskibaar nie.
Die privaat stoep het 'n buitebad en -stort, asook 'n braaiplek en pizza-oond. Gaste kry skaduparkeerplek vir 2 voertuie op die perseel.
Die kothuis deel dieselfde erf as ‘n groot drieverdiepinghuis, genaamd Ouma Joey’s, wat apart verhuur word. Goeie buurmanskap word altyd verwelkom.
Slaapplek
’n Bespreking by Bosnes sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Tharia Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 5
Jaar gelys 2
Ligging
- St George's 393, Nature’s Valley, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Bosnes het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Nature's Valley Stormsrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St George's 393, Nature’s Valley, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom