Bougainvillea Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bougainvillea Cottage is 'n lieflike, moderne selfsorgkothuis wat in die bo-dorp van McGregor geleë is met pragtige tuine en 'n uitsig oor die wingerde. Dit bied 'n stil, rustige en kalm atmosfeer weg van die gejaag en geraas van die stad.

Die akkommodasie bestaan uit 1 dubbelslaapkamer wat ideaal is vir 'n paartjie met die opsie om 1 enkelbed op versoek vir kinders in die sitkamer in te dra. Daar is 'n goed toegeruste kombuisie met mikrogolf, tweeplaatstoof, oond, yskas en vriesruimte. Daar is 1 badkamer met stort.

Daar is 'n lieflike kaggel waar gaste snoesig kan kuier in die wintermaande en 'n swembad waar gaste kan afkoel in die somer.

Bougainvillea Cottage is stapafstand van 'n natuurreservaat, dam, winkels, restaurante en plaaslike kroeë.

Gaste moet tenminste 2 nagte oorbly.

Slaapplek

'n Bespreking by Bougainvillea Cottage sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bougainvillea Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 245 per nag (vir 3 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false