Bradclin Beach Blouberg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bradclin Beach is in 'n veilige kompleks in Blouberg. Dit is 'n klipgooi van Big Bay se pragtige strand af waar jy kan swem, vlieërbranderry, branderplankry, sonbaai, ure lank stap of net 'n boek lees terwyl die kinders in die branders speel. Daar is 'n aantal goeie restaurante in die area, sommiges feitlik op die strand asook talryke winkelsentrums in die omgewing.

Die gastehuis bestaan uit 2 slaapkamers wat albei volledig en suite is met 'n bad en stort. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n aantrekkamer en oorgenoeg kasruimte en deure wat na die balkon lei met uitsigte op Tafelberg. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en oorgenoeg kasruimte.

Die sitarea het 'n hoekbankstel in bruin leer, 'n eetkamertafel met 6 sitplekke en TV met DStv Compact. Deure loop uit op die patio waar jy kan braai, teug aan skemerkelkies, ontspan en die pragtige sonsondergange kan dophou.

Die kombuis is oopplan met oond en kookplaat, yskas/vrieskas, mikrogolfoond, rooster, ketel, breekgoed ens. Daar is 'n wassery in die kompleks met wasmasjiene wat met munte werk. Die motorhuis het parkeerplek vir 2 motors. Daar is ook 'n vertrek vir fietse, brander- en seilplanke, ens. vir diegene wat 'n aktiewe vakansie begeer! Neem asseblief kennis dat die eenheid nie troeteldiervriendelik is nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Bradclin Beach Blouberg sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bradclin Beach Blouberg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false