Bramlyn B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bramlyn B&B is 'n uiters gesogte B&B in Oos-Londen wat na aan die hoofweg in die gegoede woonbuurt, Nahoon, geleë is. Ons is bekend vir ons smullekker, tuisgemaakte maaltye, vriendelike gasvryheid, aandag aan detail en uitstekende diens wat jou soos 'n eregas sal laat voel.

Ons het luukse dubbelkamers, elkeen toegerus met lugversorging, en en suite-badkamers met storte en koffie- en teemaakgeriewe. As jy daarvan hou om dinge self te doen, sal jy bly wees om te hoor dat 4 van ons kamers beskik oor yskassies, ketels, mikrogolfoonde, broodroosters en basiese eetgerei en breekware. Elke kamer het sy eie groot platskerm-TV en DStv-dekodeerder met 30 kanale beskikbaar. As dit nie genoeg is nie, bring gerus jou eie slimkaart en dekodeerder saam en kyk al jou gunsteling-kanale. Ander vermaak in die kamer sluit in 'n DVD- en CD-speler met 'n klein versameling DVD's. Bring jou eie musiek saam om jou verblyf meer huislik te maak.

Braai by die swembad in die somer of maak 'n lekker groot vuur in die winter en kuier rustig saam met jou geliefdes. Dis lieflik om op die dek te ontspan, pool te speel of om net in die woonkamer te ontspan of 'n boek te lees. Jou kar sal veilig wees agter afstandbeheer-hekke in die groot parkeerplek wat selfs genoeg plek het vir bakkies en sleepwaentjies. Daar's 'n motorhawe waar jy jou kar kan was as die langpad bietjie stowwerig was. Kinders is meer as welkom en daar is oorgenoeg vermaak vir die jongspan soos fietse, boeke, speelgoed, DVD’s en kinderoppassers. Die klimraam sal ure se genot verskaf en almal kan ook in die swembad afkoel as dit warm raak.

Maaltye word op die verskeie kamer- en swembad-patio's bedien of in die formele eetkamer. Geniet 'n smullekker Suid-Afrikaanse ontbyt of neem 'n gepakte ontbyt of middagete saam op jou dag se uitstappie. Onthou asb. dat aandete slegs op versoek bedien word en ons maak ook voorsiening vir halaal en kosher.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bramlyn B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false