LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Brandkop Guest Farm | LekkeSlaap
+13

Brandkop Guest Farm

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 27 resensies vir Brandkop Guest Farm
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5
Alta C - Des 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alta C
Gesin met tieners

Nostalgie.

My ma het op die aangrensende plaas groot geword. Die huis staan nie meer nie, maar dit was heerlik om so naby daaraan te wees. Ons verblyf was netjies, skoon en gerieflik. Gawe eienaars. Sal weer besoek.

Yolande V - Okt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolande V
Gesin met klein kinders

Gasvry, pragtig. Absoluut die moeite werd.

Elizma en Pieter is twee mense met wye boereharte en ruimskootse gasvryheid. Die kinders het op slag maats gemaak en die plaas plat gespeel. Die groot plaashuis het gesorg vir lang kuiers en lekker kaggelbraai. Die vleis wat ons by hulle gekoop het was heerlik. Die veredonse was snoesig en die uitsig oor die berge sielevoedend. Jy gaan nie hier weg sonder dat 'n stukkie van jou hart nie agterbly nie.

Lincoln R - Sep 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lincoln R
Saam met vriende

Well appointed, relatively isolated.

The stars were amazing.

Magda B - Sep 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magda B
Saam met vriende

Ongelooflik vriendelike mense.

Sal beslis weer daar gaan oorbly.

Andra B - Aug 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andra B

Heerlike kuierplek vir 'n groep.

'n Baie lekker plaashuis, ideaal vir 8 mense. Heerlike donsduvets vir die koue en kaggelvure het gemaak dat ons heerlik gebly het. Die plaas is goed geleë vir blommekyk en rondry.

Yvonne D - Aug 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yvonne D
Saam met vriende

Plaasvriendelikheid soos jy net kan kry waar daar liefde vir land is. Pieter en Elizna, julle is nou soos familie na ons 2 dae se kuier. Blomme in Namakwaland die beste.

Brandkop Gasteplaas is goed ingerig en loop oor van vriendelikheid en gemaklike beddens.

Ester V - Aug 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ester V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die stilte was hemels!

Skaapwagters-huisie. Netjies, skoon en lekkerste vuurmaak-kaggel in die huis.

Hermien M - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Hermien M

Baie besienswaardighede.

Daar is baie besienswaardighede in die omgewing. Daar is net 'n klomp muskiete wat dit onmoontlik maak om die heerlike stoep en braai te geniet. Ons het gelukkig muskietspuitgoed saamgevat.

Anje R - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anje R
Gesin met tieners

Rustig en gerieflik!

Lieflike ruim skoon eenheid. Eenheid het twee kamers met elk 'n badkamer. Binne kaggel vir die koue nagte en buitebraai op die stoep. Die sonkrag was meer as genoeg om die ligte in die aande aan te hou.

Elna M - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
1/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elna M
Saam met vriende

Baie mooi omgewing.

Baie oulike huisie, alhoewel dit nie was wat ek bespreek het nie. Ek het 'n huisie bespreek in die veld met 'n uitsig, maar een gekry wat op die plaaswerf is en daarvan het ons nie gehou nie. Die eienaars is baie baie vriendelik en behulpsaam.

Jochie T - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Jochie T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Indien jy op werkende plaas wil kuier en in gerieflike, goed toegeruste, netjiese huisie met binnebraai/kaggel wil tuisgaan sonder selfoon of WiFi-sein, is hierdie die ideale bestemming vir jou.

Bly gerus en in die goeie sorg van Elizna en Piet wat na al jou verblyfsbehoeftes sal omsien.

Marde S - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marde S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Mooi omgewing ten spyte van die knellende droogte.

Wens meer mense wil die meer afgeleë roetes verken en by sulke absolute juweelplekke soos Brandkop gaan oorslaap. Hier kan jy weer een word met ons wondermooi skepping. Stilte, vrede en ‘n hemel wat skitter van die sterre.

Juan A - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Juan A
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie rustig gekuier en weer die sterre gesien!

Dit was wonderlik om weer die stilte te kan geniet. Die huisie het alles wat nodig is en die eienaars is baie vriendelike mense wat reg staan as daar iets nodig is.

Rodger S - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
1/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Rodger S
Saam met vriende

Remote and basic.

F you are looking for solitude, this is the ideal spot. Dramatic Karoo scenery. Accommodation is basic. Two bedrooms but no ceilings and little privacy. Bath towels supplied but no hand towels or soap. Crockery supply was exactly 4 of each item so it you need a spare plate there isn't one. Dishwashing liquid was watered down drastically and minimum was supplied. Bedroom floor could have done with a good sweep. Solar power for lighting and gas for appliances and heating water - great for the occasion but no facility for charging camera batteries, phones etc. Area is not on the grid as far as internet and phones are concerned - also not a problem to experience this.

Ronel V - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronel V
Saam met vriende

Vriendelik, gemaklik, soos om op jou ouma se plaas te gaan kuier.

Ons wou gaan blommekyk het in Nieuwoudtville. Toe reis versengende hitte en stormsterk ooswinde saam met ons. Ons het min blommetjies gesien, maar het die gasvryheid van die mense ervaar; en ons het die hartverskeurende droogte gesien. Ons verstaan dat toerisme nou krities belangrik is, en ons ondersteun graag vir Pieter en Elisma van Brandkop. Ons verblyf en ervaring was soveel meer as wat ons verwag het! Dankie dat julle jul lewe aan ons gewys het.

Dirk V - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dirk V
Saam met vriende

Die pragtige praktiese huis no. 2 met die binnenhuise vuurmaakplek in die koue was absoluut wonderlik.

Wat Brandkop vir ons uniek gemaak het, is die ligging van huis no. 2 terwyl ons werklik baie tuis gevoel het. Die feit dat daar nie 220 v elektrisiteit is nie het bygedra tot die uniekheid van ons verblyf, ons kon nog steeds heerlike disse voorberei op die gasstoof terwyl die binnehuis se vuur ons heerlik warm gehou het in die koue. Die huisie is keurig gemeubileer en het voorsien aan al ons behoeftes. Ek kan Brandkop werklik aanbeveel aan die besoeker wat van stilte en die plaasatmosfeer hou. Ek sal graag weer daarheen wil terugkeer.

Hennie U - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Hennie U
Saam met eggenoot / lewensmaat

Regte Karoo-plek, as dit jou ding is.

As jy lief is vir die Karoo se stilte, sonsondergange, sonsopkomste, pragtige sterre en om alleen te wees, dan is hierdie plek vir jou. Ek sal eendag weer wil gaan, sodra dit gereën het. Die foto hierbo het my gelok - dis geweldig droog op die oomblik, geen groen nie.

Jeppe C - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jeppe C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lovely small cottage in ‘the middle of nowhere’.

A cosy little cottage located some 3 km from the main farm house - next to the famous quiver tree forest. Unfortunately there were no flowers when we visited the place - due to lack of rain. But still a very nice place to relax and enjoy the panoramic view.

Jacques C - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jacques C
Gesin met tieners

Kort gebly, maar baie netjies en gerieflik.

Die huis was baie netjies en gerieflik ingerig. Alles wat benodig is, was daar en in goeie toestand. Die eenvoud het 'n bekoring. Een of twee punte van kritiek - die dubbelbedduvet is te klein vir langer persone en die rusbank by die kaggel se armleuning gaan gou-gou deurgesit word deur die wat naby die vuur wil kom. In kort baie goed bestuur en kommunikasie met eienaars voor die tyd was 100%.

Chris D - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chris D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflike verblyf in 'n besonderse omgewing.

Baie netjiese verblyf met alles wat jy nodig het. Die braaiplekke binne en buite is baie gerieflik. As jy lief is vir die Karoo is dit net die plek vir diepe sielerus - doodstil met 'n besondere plaasatmosfeer. Sonsopkoms en ondergang onvergeetlik. Kokerboomwoud in blom is om die draai en was uitsonderlik. Baie dankie, Pieter en Elizna. Ons kom weer.

Brandkop Guest Farm se terugvoer

Baie dankie, dit was ons voorreg om julle te kon ontvang by ons.
Sien julle weer!

Brandkop Guest Farm
Ronel F - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronel F
Gesin met tieners

Die perfekte plek om te ontspan en weg te kom van die geharwar van die lewe.

Ons het alles baie geniet: die skoon fasiliteite, die gasvryheid, veilige omgewing en die natuur. Die gasheer en gasvrou is baie akkommoderend en daarop ingestel om gaste ruimte van beweging op die plaas te gee en elke lid van die geselskap, veral kinders, 'n aangename verblyf te gee. Ons wou nie Brandkop verlaat nie. Die speel en die kuier was net te lekker. Ek sien uit na my volgende besoek.

Nick H - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nick H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantastic stay.

My daughter really enjoyed the hospitality.

Maarten G - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maarten G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Very clean and neat. Rustic atmosphere. Very quiet.

Very friendly and welcoming hosts. Do not interfere with our daily routine. Fantastic braai packs made available.

Brandkop Guest Farm se terugvoer

Thank you, we would love to have you back on the farm as our guests. Warm regards, Elizna

Brandkop Guest Farm
Christine L - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christine L
Saam met vriende

Perfect isolation - plus view of Gannabos!

Lovely stay in perfect isolation. Well appointed accommodation with everything one could need. The indoor fireplace/braai was much appreciated. Only few suggestions: tell guests to bring their own drinking water (“brak” water) and please provide either an extra thinner duvet or more blankets. The beautiful goose down duvet was much too hot and heavy - even with very low night time temperature.

Melinda E - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Melinda E

Genotsame "back to basics" verblyf.

Rustige omgewing. Oulike huisie met warm stort en gerieflike beddens. Baie vriendelike mense. Ons wag net vir die reën, dan kom kuier ons weer. Dankie aan Elizna en Pieter.

Brandkop Guest Farm se terugvoer

Baie dankie Melinda, ons sien uit daarna om jou en jou ouers weer te verwelkom as gaste op ons plaas.

Brandkop Guest Farm
Lorna R - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lorna R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker ontspanplek. Veilig met mooi uitsig.

Baie geniet en sonsopkoms en ondergang was pragtig. Vriendelike mense het opgemaak vir geen blomme en droë damme.

Brandkop Guest Farm se terugvoer

Dankie Robbie en Lorna! Groete uit n steeds droë Brandkop, ons waardeer jul volgehoue belangstelling en gebede om reën.

Brandkop Guest Farm
Eddie H - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eddie H

Beste plaasverblyf!

Was regtig die beste plaasverblyf ooit. Baie baie dankie!

Brandkop Guest Farm se terugvoer

Baie dankie Eddie, dit was lekker om die Namibiërs hier te kon hê.

Brandkop Guest Farm
Vanaf
R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doornrivier Plaas, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc0MWE0MzgxLTNlNjgtNGVmNS1hZGRkLWJjZGY4OTBiNWI2Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800  per nag (plek vir 4) 27 5 1 5 Farm Doornrivier Nieuwoudtville 8180 Noord-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -31.245914 19.204589
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!