Breathtaking House

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Breathtaking House is in Clanwilliam, aan die oewer van die Clanwilliamdam, geleë. Die huis bied gerieflike slaapplek vir 8 gaste in 3 slaapkamers en 'n ruim solder-area met 'n slaapbank en 'n ekstra bed.

Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping geleë en toegerus met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Dié 2 onderste kamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Die solder-area het 1 slaapbank vir kinders en daar is 'n ekstra enkelbed. Op die onderste verdieping is daar 'n TV met DStv (Easy View), maar gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Langsaan die huis is 'n dubbelverdiepingkothuis met slaapplek vir 2 volwassenes in die solder-area. Die onderste verdieping het 'n slaapbank vir 2 jong kinders. Die huis het 'n oopplan-kombuis en -leefarea met 'n volledig toegeruste kombuis. Die kothuis kan saam met die huis gehuur word teen R1000 ekstra per nag.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n mikrogolf, yskas-vrieskas, 'n stoof en oond, skottelgoedwasser, wasmasjien en ingeboude kaste vir breekware en eetgerei. Die leefarea het ook gemaklike sitplek en 'n eetarea met 'n eetkamertafel en 8 stoele.

Die huis het 'n swembad, groot patio's en balkonne met beeldskone uitsigte oor die dam. Daar is braaigeriewe en 'n lapa, asook onderdakparkeerplek vir motors en bote op die perseel.

Beddegoed en handdoeke word voorsien. WiFi is ook beskikbaar.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Breathtaking House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 R1 890 per nag (plek vir 8)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]keslaap.co.za