Brenton On Rocks

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Brenton On Rocks spog met 'n unieke ligging teen Brenton-on-Sea se rotse en 'n 180º-uitsig oor die asemrowende Indiese Oseaan. Dit is 'n uiters gewilde bestemming vir walvis- en dolfynkyk.

Die verblyf beskik oor verskeie suites, standaard- en gesinskamers en 2 selfsorgvillas. Elke kamer het 'n kombuisie, balkon, DStv en WiFi. Die villas het elkeen 'n ten volle toegeruste kombuis met opwasgeriewe, wasgoedgeriewe, 'n sitkamer met DStv, 'n braai-area en gratis WiFi.

Gaste het toegang tot 'n plonspoel met sonstoele en sambrele, 'n gelisensieerde kroeg, motorhuis en parkeerplek op die perseel, 'n sitkamer met leesstof en 'n gratis portierdiens. Ontbyt word daagliks bedien.

Brenton is bekend vir sy pragtige Blouvlagstrand wat 700 m van die eiendom af is en al die pad tot by Buffelsbaai strek. Daar is 2 plaaslike restaurante en 'n klein geriefswinkel naby die eiendom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brenton On Rocks gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R760 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za