Brits House in Arniston

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Brits House in Arniston is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorghuis vir 8 gaste.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 driekwart-beddens. Een van die slaapkamers het 'n en suite-badkamer en die tweede badkamer het 'n stort en 'n bad. Beddegoed word voorsien. Bring asseblief jou eie handdoeke saam.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en 'n yskas. Maaltye kan by die etenstafel genuttig word. Die sitkamer het 'n plafonwaaier en 'n TV. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Daar is ongelukkig nie koppelpunte vir PVR-dekodeerders nie. Open View is wel beskikbaar. Die huis het 'n alarmstelsel.

Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met 'n geboude braai-area. Die huis het 'n omheinde agtertuin en troeteldiere is welkom mits dit vooraf gereël word.

Gaste kan op die lieflike strande ontspan en Arniston se verskeie restaurante besoek. Daar is doendinge soos swem, fietsry, perdry, bergfiets- en voetslaanroetes, visvang, walviskyk, duik tussen skeepswrakke en vele meer. Gaste kan ook die spa by Arniston Hotel en Waenhuiskransgrot besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Brits House in Arniston sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brits House In Arniston gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 294 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za