Bushbuck Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die vreedsame en privaat Bushbuck Camp bied selfsorgverblyf in tente op die Tuinroete. Busbuck Camp is in Sedgefield geleë.

Bushbuck Camp is 'n natuurliefhebber se droom met voëls en bosbokkies wat tot by die water se rand kom om te drink. Die bostente is versteek tussen die melkhoutbome en elkeen bied slaapplek vir maksimum 4 mense. Elke tent het 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n kleiner kamer met 'n stapelbed. Die badkamer is langsaan en beskik oor 'n toilet en stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas en mikrogolfoond en daar is braaigeriewe buite op die dek langs die kombuis beskikbaar.

Aangesien die verblyf reg langs 'n afgesonderde meer is, meestal vir gaste se privaat gebruik, kan gaste gerus die omgewing gaan verken met 'n trapbootjie. Pak middagete in en gebruik die kano's om die 2 rivierstelsels te gaan verken ? onthou om 'n ogie oop te hou vir die Knysnaloerie en ander voëls! Gaste kan lekker op die dek sit met 'n skemerkelkie in die hand, en kyk hoe die son agter die berge inkruip. Die kamp is die ideale plekkie om weer asem te skep en die prag van die natuurlike omgewing te waardeer.

Die riviermonding in Sedgefield is 'n pragtige plek waar die strandmeer die see soen en jy reg rondom die eiland kan stap. Saterdagoggende is die boeremarkie nogal iets om te beleef, met 'n verskeidenheid outentieke, tuisgemaakte goedere en produkte en 'n baie spesiale plaasontbyt.

Ander doendinge in die nabye omgewing sluit in: prentjiemooi valskermsweef-uitstappies by Cloud Nine, veilige swemstrande, branderplankry en lieflike voetslaanroetes by Gericke Punt. Myoli-strand is net 'n kort motorrit ver en is 'n gewilde plekkie onder veral vlieërbranderryers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bushbuck Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za