Bushbuck Camp
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cloud 9 Pad, Sedgfield, 6573, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Die vreedsame en privaat Bushbuck Camp bied selfsorgverblyf in tente op die Tuinroete. Busbuck Camp is in Sedgefield geleë.
Bushbuck Camp is 'n natuurliefhebber se droom met voëls en bosbokkies wat tot by die water se rand kom om te drink. Die bostente is versteek tussen die melkhoutbome en elkeen bied slaapplek vir maksimum 4 mense. Elke tent het 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n kleiner kamer met 'n stapelbed. Die badkamer is langsaan en beskik oor 'n toilet en stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n tweeplaatgasstoof, ketel, broodrooster en 'n mikrogolfoond en daar is braaigeriewe buite op die dek langs die kombuis beskikbaar.
Aangesien die verblyf reg langs 'n afgesonderde meer is, meestal vir gaste se privaat gebruik, kan gaste gerus die omgewing gaan verken met 'n trapbootjie. Pak middagete in en gebruik die kano's om die 2 rivierstelsels te gaan verken ? onthou om 'n ogie oop te hou vir die Knysnaloerie en ander voëls! Gaste kan lekker op die dek sit met 'n skemerkelkie in die hand, en kyk hoe die son agter die berge inkruip. Die kamp is die ideale plekkie om weer asem te skep en die prag van die natuurlike omgewing te waardeer.
Die riviermonding in Sedgefield is 'n pragtige plek waar die strandmeer die see soen en jy reg rondom die eiland kan stap. Saterdagoggende is die boeremarkie nogal iets om te beleef, met 'n verskeidenheid outentieke, tuisgemaakte goedere en produkte en 'n baie spesiale plaasontbyt.
Ander doendinge in die nabye omgewing sluit in: prentjiemooi valskermsweef-uitstappies by Cloud Nine, veilige swemstrande, branderplankry en lieflike voetslaanroetes by Gericke Punt. Myoli-strand is net 'n kort motorrit ver en is 'n gewilde plekkie onder veral vlieërbranderryers.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Norman Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 105
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Cloud 9 Pad, Sedgfield, 6573, Wes-Kaap
- Gaste dink Bushbuck Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Ruigtevlei Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cloud 9 Pad, Sedgfield, 6573, Wes-Kaap