Bushwillow

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bushwillow is 'n wonderlike selfsorghuis in die veilige Hazyriver Country Estate, in die hartjie van Mpumalanga. Die landgoed is net 3 en 'n half ure se ry van Johannesburg af, so dis die ideale naweekbestemming om weg te breek van die stad se geraas.

Die huis bied gemaklike slaapplek vir tot 8 gaste. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n kombuis en leefarea. Die eerste en tweede slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die hoofslaapkamer het ook 'n slaapbank wat slaapplek vir 2 kinders bied. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Daar is ook 'n ekstra buitekamer met 2 enkelbeddens, 'n stort en 'n toilet.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, skottelgoedwasser, potte en panne in. Die gerieflike sitkamerarea het 'n muurgemonteerde platskerm-TV. Die huis spog ook met 'n lieflike dek-area met 'n swembad, buitemeubels en lieflike uitsigte.

Die landgoed is omhein vir ekstra veiligheid en daar is staproetes vanaf die huis na die dam waar jy lekker kan lyn natmaak. Daar is 'n hotel binne stapafstand waar jy 'n heerlike maaltyd kan nuttig, 'n drankie kan drink of 'n bootrit op die dam kan bespreek.

'n Skoonmaakdiens, sowel as vuurmaakhout vir braai, kan gereël word.

Die dam bied geleenthede om vis te vang en nie-gemotoriseerde sport te beoefen. Die Krugerwildtuin is 30 minute se ry van die huis af en daar is ook 'n lieflike winkelsentrum net 10 minute vanaf die akkommodasie aan Hazyview se kant. Daar sal jy 'n klein kruidenierswinkel, 'n lieflike pub-restaurant, 'n hansdieretuin en 'n speelpark vir die kinders aantref.

Slaapplek

'n Bespreking by Bushwillow sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbank vir 2

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bushwillow gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 250 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false