By Design Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

By Design Cottage is 'n lieflike strandhuis in Langezandt Fishermen's Village in Struisbaai. Dit is ideaal geleë, net 500 m van die strand af in 'n veilige landgoed en is spesiaal gebou en opgeknap om die oorspronklike vissershuisies te weerspieël.

By Design Cottage kan tussen 6 en 12 gaste akkommodeer. Daar is 'n hoofhuis, 2 kothuise in 'n toegeboude binnehof en 1 gastekamer. Die hoofhuis is goed toegerus met al die nodige moderne geriewe vir 'n gerieflike selfsorg-kuiertjie. Daar is 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en mikrogolfoond. Die leefkamer het 'n TV met DStv, maar gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder en slimkaart bring. Daar is 'n kaggel wat jou warm sal hou wanneer die weer 'n bietjie kouer raak. By Design bied ook beddegoed met wit linne. Gaste moet net hul eie bad- en swemhanddoeke, asook hul eie braairooster saambring.

Daar is ook 'n lieflike pergola wat skaduwee bied by die buitebraai-area. Die omheinde tuin is veilig en ideaal vir gesinne. Die motorhuis is nie vir gaste beskikbaar nie, maar daar is oorgenoeg parkeerplek op die perseel met sekuriteitswagte en gelostekringtelevisie om te sorg dat jou voertuig veilig is.

Slaapplek

'n Bespreking by By Design Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na By Design Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 900 per nag (vir 12 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za