Cabin & Cottage Kaapsehoop
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 29 Feb 2024 tot 1 Des 2024.
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vogelstraat 56, Kaapsehoop, 1211, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 200R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cabin & Cottage Kaapsehoop is in die dorpie Kaapschehoop in Mpumalanga geleë. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf weg van die gewoel van die stad. Gaste kan hier ontspan en Kaapschehoop verken, of oornag op pad na ander bestemmings soos die Krugerwildtuin.
Verblyf word aangebied in 2 selfsorg-enhede langs mekaar met voldoende privaatheid tussen die twee, omring deur 'n lieflike tuin. Elke eenheid het 'n oopplan-leefarea, 'n goed toegeruste kombuis en braaigeriewe. Gaste moet asb. hulle eie hout saambring.
'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek en teen ekstra koste beskikbaar.
Die eiendom is omhein en die houthuisie het veilige, onderdakparkeerplek. Die kothuis het parkeerplek reg voor die eenheid onder skadubome. Die tuin en omgewing is veilig en bied meer as genoeg ruimte vir kinders om buite te speel.
Daar is 'n verskeidenheid gesellige restaurante in die omgewing, onder andere die gewilde Bohemian Groove Cafe en splinternuwe Nagkantoor-kuierplek wat binne 'n radius van 650 m van die eiendom af geleë is.
Die Malelane-hek van die Krugerwildtuin is 99 km van die eiendom af, die Blyderivier-canyon is 185 km weg en Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe is 58 km verder.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Etienne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 93
Jaar gelys 6
Ligging
- Vogelstraat 56, Kaapsehoop, 1211, Mpumalanga
- Gaste dink Cabin & Cottage Kaapsehoop het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaapsehoop Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vogelstraat 56, Kaapsehoop, 1211, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom