Cape Footprints

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Footprints is 'n bekoorlike, omgewingsvriendelike selfsorghuis wat oorkant die straat van Kleinkrantz-strand naby Wildernis geleë is. Dit is in 'n stil area met maklike toegang tot die N2 en net 10 minute se ry vanaf Wildernis met sy verskeie winkeltjies en restaurante - die ideale Tuinroete-vakansiehuis langs die see.

Dié ruim huis het slaapplek vir 8 mense in 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer front na die see en is ingerig met 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n tussendeur en is ingerig met 'n bad en 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie twee slaapkamers het elkeen hul eie en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuis is goed toegerus met 'n gasstoof, 'n elektriese oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea is reg langs die kombuisarea en is ingerig met 'n tafel met sitplek vir 8 persone, 'n binnebraai en skuifdeure wat na die tuin lei.

Die sitarea kyk uit oor die see en het 'n oopplan-uitleg met gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler en DStv. Daar is ook 'n keramiek-kaggel. Skuifdeure lei na 'n balkon wat reg rondom die huis strek en see-uitsigte bied.

Die tuin is volledig omhein en daar is 'n onderdak-patio met 'n tafel, Zanzibar-bankie en 'n vuurput. Bykomende geriewe sluit 'n alarmstelsel, 'n outomatiese motorhuis met direkte toegang tot die huis en WiFi in. Die WiFi word beperk tot 20GB per bespreking. Ekstra WiFi kan aangekoop word.

Slaapplek

'n Bespreking by Cape Footprints sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Footprints gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 950 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false