Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Captain's Cabin

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Freda-straat 752, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Captain's Cabin bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde drieslaapkamerhuis in Pringlebaai. Captain's Cabin is ideaal vir 'n gesinsvakansie waar gaste op die dek kan sit en aan 'n glasie wyn teug, terwyl die kinders op die gras speel, of hulle kan na die strand stap waar hulle heel dag lank op die sand kan baljaar. Die huis is groot genoeg vir 'n klein gesin en lekker knus vir paartjies. Die strand is net 350 m van die huis af.

Die huis beskik oor 2 verdiepings. Die hoofleefarea, kombuis, hoofslaapkamer, kinderslaapkamer en gesinsbadkamer is op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die kinderslaapkamer het 'n stapelbed. Daar is 'n stort in die gesinsbadkamer.

Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die sitarea het 'n kaggel, TV met Openview-kanale en toegang tot die houtdek en tuin. Die tuin is heeltemal omhein en veilig vir kinders en troeteldiere.

Op die onderste verdieping is daar 'n dubbelbed, TV met Openview-kanale en 'n badkamer met 'n stort.

Die huis het 'n alarmstelsel, diefwering en 'n versteekte kluis. Die kragomskakelaar en battery verseker dat dit nie deur beurtkrag geraak word nie. Daar is winkels en restaurante sowat 650 m van die huis af.

Slaapplek

’n Bespreking by Captain's Cabin sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Kinderstapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKinderstapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 19 resensies vir Captain's Cabin
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Werner Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Jaar gelys 3

Ligging

  • Freda-straat 752, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Gaste dink Captain's Cabin het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Freda-straat 752, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9f994b71c62d14d30b3572167b59b5b8c02f5eac188ca6dab69bf02b415c9339569509b58ae9f3c737846204133ee3b6d8e2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4) 19 5 1 5 752 Freda Road Pringle Bay 7196 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.346820737578 18.831851946582
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem