Casa Adriana
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lovemore-singel 21, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 650 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Casa Adriana is 'n netjiese, veilige gesinshuis wat sentraal geleë is in die bekoorlike kusdorpie, St. Francisbaai. Dié huis het alles wat gaste benodig vir 'n ontspanne gesinsvakansie.
Die huis het 4 slaapkamers, 3 badkamers en slaapplek vir 10 gaste. Daar is 2 slaapkamers in die hoofhuis. Die eerste slaapkamer het 'n koningingroottebed met 'n en suite-badkamer, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer.
Die ander 2 slaapkamers is onder die huis en het elkeen 'n dubbelbed. Die een kamer het ook 'n ekstra enkelbed wat op versoek in 2 kinderbedjies omskep kan word. Elke slaapkamer het 'n privaat ingang van die tuin af en is nie verbind aan die huis nie Daar is 'n badkamer tussen dié twee slaapkamers met 'n deur na albei. Die badkamer beskik oor 'n stort, toilet en 'n wasbak.
100%-katoenlinne en handdoeke word in elke kamer voorsien, asook swemhanddoeke vir gaste se gerief.
Die kombuis het 'n gasstoof, elektriese oond, yskas, groot vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.
Daar is 'n aparte waskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die sitarea het 'n TV met DSTV. Daar is 'n oop stoep voor die huis met buitemeubels, 'n Weber-braai en 'n gasbraai vir gaste se gebruik.
Die eenheid het ook 2 kajakke met reddingsbaadjies.
Die huis is beveilig met 24 uur gewapende reaksie, 'n alarm en 'n spitspaalheining om die tuin. Dit is in 'n stil straat wat rus en vrede verseker.
Die strand, winkels, botaniese tuine en jetty waar branderplankryers dikwels die see invaar is loopafstand van die huis af. Dit is slegs 5 minute se stap van die getypoel af wat dit ideaal maak vir klein kinders, 700 m van die winkelsentrum se Spar en eetplekke af, en 1,5 km van die bekende Links Golfbaan en die St. Francisbaai gholfbaan en verskeie ander geriewe en besienswaardighede af.
Slaapplek
’n Bespreking by Casa Adriana sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Lovemore-singel 21, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Kaap St. Francis St. Francis Cacadu-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lovemore-singel 21, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom