LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Casa di Cattleya Guest House | LekkeSlaap
+22

Casa di Cattleya Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glen-rylaan 65, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 15
  • Vanaf R1 600 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Casa di Cattleya Guest House bied gerieflike verblyf in die stil en pragtige natuurbewarea van Zinkwazi-strand. Dié luukse instansie is in 2015 deur sy Italiaanse eienaar, Maree, geopen en bied warm Italiaanse gasvryheid. Kom word wakker met 'n gratis koppie espresso of cappuccino wat jy op die dek kan geniet, terwyl jy die lieflike uitsig oor die Indiese Oseaan waardeer.

Verblyf word in 5 en suite-slaapkamers met verskillende temas aangebied. Die beddens word met 100%-katoenlinne opgemaak en het uiters gemaklike matrasse. Elke kamer het oorgenoeg kasruimte, lugversorging, 'n haardroër, 'n versteiler, 'n sambreel, 'n internasionale kragprop, 'n elektroniese kluis, badgeriewe, 'n sagte japon, pantoffels en 'n TV met 'n DVD-speler. Daar is geen DStv in die slaapkamers nie, maar gaste kan 'n hele klomp films kyk wat tot uit 1924 dateer.

Die gastehuis het 'n eetkamer met 'n groot etenstafel waar gaste hul etes kan geniet. 'n Kontinentale ontbyt word bedien en bestaan uit tuisgemaakte, gesonde granola met neute, vars vrugteslaai, jogurt en vars fyngebak en croissants. Die konfyt is tuisgemaak, insluitend die Rose Petal Jam. Daarna word gaste 'n warm ontbyt bedien. Een- tot driegangmaaltye is vir aandete beskikbaar en word as 'n opsionele ekstra aangebied. Alle etes word deur die eienaar in die huis voorberei. Daar is 3 buitelug-vermaakareas waar gaste kan ontspan of hul etes kan geniet.

Die gastehuis het ook 'n TV-sitkamer en 'n formele sitkamer waar gaste kan ontspan, 'n boek kan lees of met die ander gaste kan gesels. Die stoep is 'n rustige area met sonstoele en 'n buite-sitarea. Hier kan gaste die voëls in die sierfonteintjie dophou, sowel as die apies wat soms kom kuier.

Die perseel het hipertegnologiese sekuriteit en is heeltemal omhein. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Swemhanddoeke, strandhanddoeke, strandstoele, sonstoele en strandsambrele word voorsien. Die gastehuis het 'n swembad, sekere DStv-kanale, WiFi en braaigeriewe.

Zinkwazi het lieflike strande en 'n strandmeer wat 'n pragtige besienswaardigheid is vir watersport-entoesiaste is. Die area is 'n paradys vir gretige voëlkykers en vir diegene wat op soek is na 'n rusplek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Casa di Cattleya Guest House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Glen-rylaan 65, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Casa di Cattleya Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glen-rylaan 65, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 15
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADaoxltwGJeLE5tTEU0Q05rxhuzFSlE4yFoET8DwmO0Vnzvq8E4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 65 Glen Drive Zinkwazi Beach 4480 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.288614570345 31.435649122685
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!