Cayley Mountain Resort
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 62 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: D184, Cathkin Park, KwaZulu-Natal, 3310, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Cayley Mountain Resort in die Drakensberge spog met 'n uitsig op Cathkin-piek en die Champagne Castle-bergreeks. Die oord bied ook 'n uitsig oor die Bell Park-dam wat maklik vanaf die oord bereik kan word. Hiér kan gaste visvang of 'n rit op een van die Cayley Cruiser-trekskuite geniet.
Die oord bied selfsorgverblyf in chalets wat langs mekaar mekaar naby die bergrand geleë is. Dit beteken die chalets het pragtige uitsigte oor die dam en op die berge. Elke chalet het geriewe soos sekere DStv-kanale, onderdakbraaigeriewe, plafonwaaiers, badhanddoeke, 'n kluis, 'n mikrogolfoond en linne. Gaste mag net braai as daar 'n braaigerief by hulle eenheid voorsien word.
Die oord self spog met verskeie geriewe en aktiwiteite soos die Body Bliss-dagspa, 'n restaurant, 'n swembad, winkeltjie, speletjieskamer, 'n klimraam, Jacuzzi, stoomkamer, tennis- en minigholfbane, 'n pooltafel, tafeltennis, bordspeletjies, skaak, vlugbal, pluimbal en wasgoeddienste en gaste kan voëlkyk en op 'n boot vaar.
Gaste kan ook verskeie besienswaardighede in die area soos die Bell Park-dam, Drakensbergseunskoor, Four Rivers Rafting and Adventures, Giants Castle Natuurreservaat, Monks Cowl-gholfbaan, Spioenkop-wildreservaat, Thokozisa-leefstylsentrum en uKhahlamba Drakensbergpark besoek en voetslaanroetes aanpak.
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Beekman Holidays Geverifieer
Eiendomme 13
Resensies 505
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- D184, Cathkin Park, KwaZulu-Natal, 3310, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Cayley Mountain Resort het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Champagne Castle Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 62 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: D184, Cathkin Park, KwaZulu-Natal, 3310, KwaZulu-Natal