Central Holiday Overnight Flats

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Central Holiday Overnight Flats bied selfsorgwoonstelle met lugversorging in Beaufort-Wes in die hart van die Karoo. Daar is 4 verblyf-opsies: 2 eenslaapkamer-eenhede met slaapplek vir 6 en lugversorging, 'n oopplanwoonstel met lugversorging en slaapplek vir 7 en 'n enkelwoonstel met slaapplek vir 3. Die enkelwoonstel is ideaal vir gaste met gestremdhede.

Daar is 2 eenslaapkamer-woonstelle wat slaapplek aan 5 tot 6 gaste bied en oor lugversorging beskik. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en lugversorging. Die kombuisie het 'n mikrogolfoond, 'n dubbeldeur-yskas-vrieskas en al die ander geriewe wat jy van 'n selfsorg-eenheid kan verwag. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met M-Net en 2 ekstra enkelbeddens. Een woonstel het 'n bad en een het 'n stort. Al die dubbelbeddens het elektriese komberse en al die beddens het ekstra komberse en duvets in die koue wintermaande.

Ons het ook 1 oopplan-woonstel met lugversorging wat slaapplek aan 6 tot 7 gaste bied. Die woonstel 2 dubbelbeddens, 2 enkelbeddens en 'n slaapbank wat as sitplek gebruik kan word. Daar is ook 'n platskerm-TV met M-Net, 'n groot dubbeldeur-yskas-vrieskas en al die nodige selfsorggeriewe. Die badkamer in die woonstel het 'n stort.

Die enkelwoonstel is rolstoelvriendelik. Die stort is groot genoeg vir 'n rolstoel en daar is 'n stoel in die stort, asook 'n reling om aan vas te hou. Dié woonstel het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, asook 'n kombuisie wat volledig toegerus is. Daar is lugversorging en 'n verwarmer.

Al die woonstelle word daagliks skoongemaak en slegs gehaltelinne en -handdoeke word voorsien. Die eienaar woon op die perseel wat uitstekende, vriendelike diens aan ons gaste verseker.

Die perseel word beveilig met laserstrale, 24 uur-sekuriteit met gewapende reaksie en 'n elektroniese hek.

Daar is braaigeriewe voor elke woonstel en ons bied veilige parkeerplek. Elke gas het sy of haar eie afstandbeheer vir die elektroniese hek. Krukke is beskikbaar vir gaste wat dit benodig. In die eenheid met slaapplek vir 3 is daar 'n mediese stoel. Daar is handrelings in die stort en langs die toilet.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Daar is geen kaartgeriewe nie.

Die woonstelle is naby die Karoo Nasionale Park waar 'n lieflike dagwildrit jou met die gebrul van 'n leeu kan verras. Central Holiday Overnight Flats is loopafstand vanaf die Karoo Junction Mall, KFC en 'n lieflike restaurant.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Central Holiday Overnight Flats gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R590 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za