Chardonnay Cottage
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middelvlei Landgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Chardonnay Cottage is 'n lieflike losstaande kothuis op die eienaar se perseel en bied gerieflike oornagverblyf in die hartjie van Stellenbosch op Middelvlei Wynlandgoed. Dit is sowat 4 km vanaf die middedorp en is die ideale keuse vir paartjies of sakereisigers.
Die kothuis bied gerieflike slaapplek aan 2 gaste en spog met 'n oopplan-slaaparea met 'n en suite-badkamer. Die slaaparea het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, yskassie, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook koffie- en teemaakgeriewe en 'n etenstafel met 2 sitplekke. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n privaat stoep waar gaste ná 'n besige dag kan ontspan. Daar is ook braaigeriewe, 'n gemeenskaplike swembad en parkeerplek op die perseel.
Chardonnay 2 is 'n knus, ongekunstelde kamer met 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die eenheid het 'n privaat ingang en is op 'n veilige, omheinde plaas, 4 km vanaf die dorp geleë. Kom geniet die rustigheid van die plaaslewe, naby Stellenbosch se geriewe.
Die eenheid langs die hoofplaashuis beskik oor 'n kombuisie, 'n privaat agterdeur wat na 'n braai-area lei en 'n voordeur wat na 'n stoep en gemeenskaplike swembad lei.
Gaste kan 'n gratis wynproe van Middelvlei se wyne geniet. Koffie, tee, suiker, melk, koekies en beskuit word voorsien. Gaste kry 'n afstandbeheerder vir die hoofhek en kan kom en gaan soos hulle wil.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Swem
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Poenie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Jaar gelys 1
Ligging
- Middelvlei Landgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink Chardonnay Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middelvlei Landgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom