A Chateau de Lux Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 28 Feb 2020.

Beskrywing

A Chateau de Lux Guest House is 'n gastehuis in Upington waar almal 'n koning of 'n koningin is. Ons is gerieflik geleë vir reisigers en besoekers wat die omgewing wil verken. 700 m vanaf 'n mall, 2,3 km vanaf skole en klinieke, 5,2 km vanaf die lughawe, 2,3 km vanaf Upington-skougrond, 2 km vanaf die middestad en sowat 1 km vanaf die munisipale swembad.

Ons het 9 pragtige versierde kamers met gerieflike meubels. Elke kamer het 'n dubbelbed, en suite-badkamer met bad of stort, TV, yskas en lugversorging. Een van die kamers het slaapbanke en toegang tot die braaiplek of die tuin. Kamers se tariewe wissel volgens grootte. Van die kamers is ook toegerus met lessenaars of tafels vir sakelui.

Gaste is welkom om te ontspan in die skaduryke tuin of heerlik af te koel in die swembad. Geen besoekers word toegelaat nie. Geen geraas of musiek word geduld nie. Slegs een waarskuwing word gegee en geen terugbetalings wanneer gaste gevra word om die perseel te verlaat nie. Parkeerplek word voorsien. Die kamers word daagliks skoongemaak en as jy langer wil vertoef, kan 'n wasgoeddiens teen 'n ekstra koste gereël word.

Upington is 'n oase en 'n toegangspoort tot die formidabele Kalahari-woestyn. Die Oranjerivier loop deur die stad en voorsien water vir die wingerde en vrugteboorde. In die somer baljaar watersportliefhebbers op die rivier. Die gematigde winters en rustige atmosfeer maak van Upington ook 'n gewilde wegbreekplek buite seisoen.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Chateau De Lux Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R510 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 28 Feb 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za