Cheerio Trout Fishing Holiday Resort
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vir verblyf vanaf 21 Jun 2024 tot 4 Aug 2024.
- Kapasiteit: 26 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cheerio Plaas, L4.1-pad, Langs die R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
-
Vanaf
R730R487 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Cheerio Trout Fishing Holiday Resort bied lieflike selfsorgverblyf in Magoebaskloof.
Die chalets is geskik vir 2, 4 en 6 gaste. Al die nodige geriewe is beskikbaar en die chalets word daagliks skoongemaak. Gaste kan die kalmte van die berge in 'n privaat verblyfplek tussen pragtige bome, struike en blomme geniet. Dit is die ideale oornagplek vir reisigers wat op pad is na die Krugerwildtuin en ander privaat wildparke.
Daar is 'n foreldam op die perseel en rivierhengel kan met die plaaslike hengelvereniging gereël word. Ander geriewe en aktiwiteite sluit 'n swembad, bergfietsry, voetslaan of net ontspan onder 'n boom op 'n tuinbank in.
Daar dagstaproetes en avontuuraktiwiteite soos Zipline, kloofklim, tjoepry, abseil en boomklim vir die avontuurlustiges is beskikbaar.
Ander besienswaardighede soos die Ebenezer-, Magoebaskloof-, Tzaneen- en Dap Naude-dam, die Debengeni-waterval en Woodbush en Agatha Nasionale Woude is ook maklik bereikbaar. Gholf-entoesiaste hoef nie eers 'n uur agter die stuur deur te bring om by Tzaneen en Polokwane Buitelugklub se gholfbane uit te kom nie.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Alf Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 111
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Cheerio Plaas, L4.1-pad, Langs die R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
- Gaste dink Cheerio Trout Fishing Holiday Resort het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Magoebaskloof Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 26 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cheerio Plaas, L4.1-pad, Langs die R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo