City and Harbour View Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

City and Harbour View Apartment bied gerieflike selfsorg-verblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel wat lekker sentraal geleë is op De Waal-rylaan in Duiwelspiek. Die woonstel is naby aan die middestad. Die area is vorm deel van Kaapstad en lê teen die hange van Duiwelspiek. Dit is 'n lieflike woonbuurt met oulike kafees en klein plaaslike restaurante.

Die woonstel het 2 slaapkamers, 'n kombuisie en 'n leefarea. Daar is 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea vir 'n vierde persoon. Daar is oorgenoeg pakplek in die kaste en die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n yskas, 'n stoof, 'n oond, eetgerei en breekware. Wasgeriewe is ook beskikbaar. Die woonstel het 'n privaat balkon en parkeerplek is op die straat beskikbaar.

Tafelberg se kabelkarretjie, die V&A Waterfront, Kampsbaai en die lughawe is maar net 'n halfuur se ry van die woonstel af. Daar is 2 MyCiTi-busroetes, een in Kloofstraat en die ander in Kloofnek-weg. 'n Daaglikse skoonmaakdiens kan vooraf gereël word teen R250 per dag. Dit sluit strykgeriewe, skottelgoedwas en skoonmaak in. Geraas moet asseblief na 22:00 tot 'n minimum gehou word en rook is verbode. Die woonstel is nie geskik vir troeteldiere nie en partytjies en byeenkomstes word nie toegelaat nie.

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na City And Harbour View Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false