Clarens Lakeview Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clarens Lakeview Cottage is 'n rustige en romantiese losstaande selfsorg-kothuis by Clarens se ingang. Ons verblyf bied onbelemmerde meer- en berg-uitsigte en is net 'n paar minute se stap vanaf die middedorp.

Dié baksteenkothuis het 'n grasdak en 'n oopplan-ontwerp. Daar is slaapplek vir 2 gaste in 'n koningingrootte-bed. Die kothuis beskik oor 'n volledige badkamer met 'n bad, stort en toilet.

Die kombuisie is toegerus met 'n oondjie, stofie, ketel, broodrooster, mikrogolf en yskas. Kombuis- en braaigereedskap, eetgerei, breekware, potte, panne en glase word ook voorsien. Daar is genoeg tee, koffie, melk, suiker en beskuit om jou verblyf mee af te skop. Die sitkamer het 'n koffietafel en 2 gemakstoele. En die WiFi is gratis vir gaste.

Lakeview Cottage bied ook 'n patio met braaigeriewe en privaat parkeerplek vir 2 voertuie.

Slaapplek

'n Bespreking by Clarens Lakeview Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clarens Lakeview Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za