Cloud 9 Boutique Hotel & Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cloud 9 Boutique Hotel & Spa is aan die voet van Tafelberg in die hartjie van Tamboerskloof geleë. Ons is stapafstand van 'n verskeidenheid byderwetse winkels, kroeë, koffiewinkels en restaurante in Kloof- en Langstraat, twee van die besigste strate in die stad. Die V&A Waterfront en die bekende Kampsbaai- en Clifton-strande is net 10 minute se ry van die hotel af.

Elkeen van ons kamers is ingerig met 'n Nespresso-koffiemasjien, Ultra HD-TV met 'n uitgebreide versameling kanale, lugversorging en komplimentêre, vinnige WiFi. Elke badkamer is ingerig met 'n reënstort, ontwerper toiletware en daar is baddens in sommige kamers. Sommige kamers bied ook 'n uitsig oor Tafelberg. Die hotel het 3 restaurante, kamerdiens en daar is 'n kroeg op die dak met 360º-uitsigte oor die stad en Tafelberg. Daar is ook 'n kunsgalery en 'n klein biblioteek.

Die hotel strek oor 5 eiendomme met erfenis-status. Die 5 eiendomme word deur die sentrale ontvangsarea verbind en is rondom 'n beskutte binnehof gerangskik. Ekstra geriewe sluit 'n spa met 'n sauna, 'n hysbak, 24-uur-ontvangs, sekuriteit en parkeerplek in. Gaste kan ontspan op die sondek, of in die swembad of die borrelbad afkoel. Die ontvangstoonbank bied hulp met vervoerreëlings na en van die lughawe en verskeie uitstappies in en om Kaapstad.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Portier
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Spaans
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cloud 9 Boutique Hotel & Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 320 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za