Cloud 9 on George Randall Drive

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie topklas, luuks-gemeubileerde gastehuis het asemrowende uitsigte. As jy op soek is na 'n plekkie waar jy jou kop kan neer lê, vêr van die druisende skares af, is Cloud 9 nét die plek vir jou.

Elke kamer het 'n dubbel-, koningingrootte-, of 'n koninggrootte-bed wat oorgetrek is met Egiptiese katoenlinne, en satelliet-TV (Gastehuispakket).
Ontspan in ons randvloeiswembad met 'n uitsig oor die Gonubierivier, verlustig jou in die asemrowende uitsigte, vang 'n flinke stappie na Gonubie se Blouvlagstrand (omtrent 2 km van Cloud 9 af), as jy avontuurlustig is klim by die heuwel af na die piekniekplek aan die oewer van die Gonubierivier (400 m van Cloud 9 af) of staan bloot in verwondering voor die natuurskoon van die omgewing.

Die Gonubie Golfbaan, omtrent 4 km van Cloud 9 af, kan die manne besig hou terwyl dames heerlik inkopies doen in Gonubie se twee winkelsentrums. Daar is ook 'n paar koffiewinkels op die strandpad wat jy definitief nie moet misloop nie.

As jy jouself in Oos-Londen bevind is Gonubie definitief dié plek waar jy moet bly en ons sien uit daarna om jou by ons gastehuis te verwelkom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cloud 9 On George Randall Drive gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 390 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false