Colonial Sands 206

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Colonial Sands 206 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Margate. Die kompleks is ideaal naby Margate se hoofstrand.

Die woonstel is op die tweede verdieping en bied slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers met lugversorging. Daar is ook 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en die tweede kamer lei na 'n balkon. Dié 2 kamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met die nodige toebehore en sluit 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in. Die sitkamer langsaan het lugversorging, en 'n TV met DStv-koppelpunte. Gaste moet asb. hulle eie dekodeerder en slimkaart saambring. Ongelukkig geen Explora-dekodeerers nie.

Die leefarea lei na 'n balkon en bied lieflike uitsigte oor die see en omgewing. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braai-area, hyser en onderdakparkeerplek vir voertuie.

Die kompleks is binne 2 km vanaf die Hibiscus Mall, restaurante en ander geriewe in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Colonial Sands 206 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Colonial Sands 206 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R968 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false