Elysium Akkommodasie by Coral Road | LekkeSlaap
+14

Coral Road

9 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coralweg 11, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Coral Road bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n dubbelverdiepinghuis met eindelose see-uitsigte net 400 m van die strand af. Die huis is in die klein, rustige dorpie Elysium op KwaZulu-Natal se Suidkus geleë.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 en suite-badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetkamer, -sitkamer en kroeg, sowel as 'n gaste toilet en 'n stort. Die 2 slaapkamers is op die boonste vloer geleë en bied see-uitsigte. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die 2 en suite-slaapkamers lei uit na 'n beskutte balkon waar gaste kan kyk hoe walvisse, dolfyne en sardientjies gedurende die wintermaande in die branders baljaar. Op die onderste vloer van die huis is die oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n dubbeldeur-yskas, 'n oond en stoof, 'n broodrooster, 'n mikrogolfoond, 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die oopplan-sitkamer beskik oor 'n TV met DStv.

Die klein dorpie Elysium is tussen Ifafa- en Mtwalume-strand geleë en die dorpie bestaan grootliks uit residensiële geboue en vakansiehuise. Daar is nie winkels in die dorpie self nie, maar Coral Road is net 16 minute van Hibberdene af, 22 minute van Bazley Beach af en 32 minute van Scottburgh af. Gholfbane in die omgewing sluit Selbourne-gholflandgoed en Umdoni Park-gholfklub in. Lynton Hall is net 20 minute weg. Coral Road is net 84 km suid van Durban.

Slaapplek

’n Bespreking by Coral Road sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 9 resensies vir Coral Road
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Coralweg 11, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Coral Road het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coralweg 11, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVmYmVhOWMyLTJkNzItNDgzMi1hNjYzLTZkM2ZmMDA1MDVhOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 4) 9 5 1 5 11 Coral Road Elysium 4185 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.470087738154 30.639452934265
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za