Cove View B&B
- Kapasiteit: 13 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Corals-singel 25, Oos-Londen, 5500, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cove View B&B is langs die Sonskynkus geleë. Hierdie klein paradys omvat die landelike en see-leefstyl. Dis net 10 minute weg vanaf die naaste winkelsentrum. Die 180º-uitsig oor die strand en rotse van die boonste verdieping af is werklik manjifiek. Dis hemels om lekker op die dek te sit met 'n skemerkelkie in die hand terwyl julle braai.
Die verblyf bestaan uit 4 kamers. Die Cove View-kamer het 'n koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer, die Blue Rock-kamer het 'n dubbelbed en en suite-badkamer, die Gesinsuite het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer, en die Sea Breeze-gesinseenheid het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer, kombuis en sy eie ingang.
Blue Rock, Seashell, Cove View en die Gesinsuite is binne die huis. Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, binne- en buitebraai, DStv in die kamers en vermaakarea, parkeerplek van die straat af en WiFi in.
Die oord bied 'n gholfbaan, masjien-gholf, tennisbane, swembad en 'n lieflike strand.
Die hele huis kan as 'n vakansiehuis gehuur word. Langtermynbesprekings is beskikbaar op versoek.
Hier vind jy die natuur op sy beste. Op die landgoed sal jy vrylopende bokke, poue en tarentale sien, sowel as een van Oos-Londen se beste strande en visvangplekke. Dié strand is wit en het 'n klein swembaai en baie plek vir snorkel.
Kyk hoe die walvisse en dolfyne in die branders baljaar en staan verstom voor die legendariese Cove Rock wat ryk aan Suid-Afrikaanse geskiedenis is.
Ons is ook net 7 km van Oos-Londen Lughawe, 10 km van die IDZ ('Industrial Development Zone'), 3 km van die resiesbaan en 13 km van Mercedes Benz af.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Klarinda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 15
Jaar gelys 10
Ligging
- Corals-singel 25, Oos-Londen, 5500, Oos-Kaap
- Gaste dink Cove View B&B het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oos-Londen Oos-Kaap
- Kapasiteit: 13 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Corals-singel 25, Oos-Londen, 5500, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom