Cradle Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cradle Cottages is in die Wieg van die Mensdom geleë in Zwartkop, naby talle trou-venues geleë. Gaste kan ontspan in ‘n rustige omgewing en dis die ideale ligging vanwaar die area met verskeie besienswaardighede verken kan word. Die kothuis is op ‘n residensiële kleinhoewe, langs die oewer van die Krokodilrivier.

Gaste het 2 verblyfopsies om van te kies, Friesland Hotel en die Weaver's Cottage.

Friesland Hotel beskik oor 2 slaapkamers, waarvan elke kamer 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met ‘n elektriese stoof en oond, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n wasmasjien, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek en ‘n TV.

Weaver's Cottage beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n aparte badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n elektriese oond, gasstoof, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware. Die sitarea het ’n gemaklike sitkamerstel en ’n TV. Gaste het toegang tot gratis WiFi en die leefarea spog met ondervloerse verhitting asook ’n kaggel.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 'n Weber op die privaat patio.

Cradle Cottages is 10 minute se ry vanaf Lanseria, Renoster-en Leeupark, die Sterkfonteingrotte en Cradlestone Mall.

Dié area is bekend vir bergfiets- en fietsryroetes. Dit is naby verskeie trou-venues in die area, ideaal vir trougaste.
Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie aangesien die eienaars troeteldiere van hulle eie het.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cradle Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za