Nuwe Muckleneuk Akkommodasie by Cranes Nest Guest House @ 208 | LekkeSlaap
+16
+16

Cranes Nest Guest House @ 208

1 resensie
Gastehuis
  • Vanaf R980 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boshoffstraat 208, New Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Cranes Nest Guest House @ 208 is langsaan die Austin Roberts Memorial Bird Sanctuary in New Muckleneuk geleë. Dié gastehuis is geskik vir sakereisigers of vakansiegangers, en bied maklike toegang tot die natuur of Brooklyn Mall. Die gewilde Blue Crane Restaurant is in die bewaringsgebied en kyk uit oor die meer in die Austin Roberts Voëlpark. Dis ’n gewilde plek waar jy meer as 189 verskillende voëlspesies kan sien.

Verblyf word in ’n selfsorg-eenheid met 3 slaapkamers, ’n gesinseenheid met 2 slaapkamers, of ’n dubbelkamer gebied. Elke slaapkamer is omring deur ’n pragtige tuin. Gratis WiFi is beskikbaar in elke eenheid.

Die Swallow Kamer bied slaapplek aan 2 gaste in 2 enkelbeddens wat in ’n koninggrootte-bed omskep kan word. Die kamer het lugversorging, ’n lessenaar, alarm, haardroër, plafonwaaier, verhittingspaneel en 'n telefoon. Daar is ’n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Die badkamer het ’n stort, toilet en 'n wasbak.

Die Weaver en Woodpecker Kamers vorm saam ’n tweeslaapkamer-gesinseenheid wat slaapplek aan 4 gaste bied. Die Weaver Kamer het ’n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omgeskep kan word en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Woodpecker het lugversorging en 2 enkelbeddens wat in ’n koninggrootte-bed omskep kan word. Die kamer deel ’n badkamer met die Weaver Kamer. Daar is ’n yskas, mikrogolfoond en 'n broodrooster by die ingang van die eenheid. Elke kamer het ’n lessenaar, alarm, haardroër, plafonwaaier, verhittingspaneel en 'n telefoon. Die kamers het ook ’n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe.

King Fisher, Lovebird en Owl vorm saam ’n drieslaapkamer-selfsorghuis wat slaapplek aan 6 gaste bied. King Fisher het lugversorging en ’n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die Lovebird-kamer het ook 2 enkelbeddens wat in ’n koninggrootte-bed omskep kan word en die Owl-kamer het ’n dubbelbed. Elke kamer het ’n alarm, haardroër en 'n telefoon. Daar is ook ’n platskerm-TV met DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe. Die huis het 1 badkamer, ’n kombuis, sitkamer, eetkamer en 'n patio. Die kombuis is volledig toegerus met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetkamer het ’n kaggel wat na die stoep lei en dit kyk uit oor die tuin.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

2 uit 5van 1 resensie vir Cranes Nest Guest House @ 208
Netheid
1.0/5
Diens
2.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
1.0/5

Ligging

  • Boshoffstraat 208, New Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R980
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R980
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R980
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boshoffstraat 208, New Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAFO9Plm1Uge19AbQNUWlPFtwNyUCYgrIVCsa3m2Ck28xwDAo5nC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R980  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 2 208 Boshoff Street New Muckleneuk 0181 Gauteng 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -25.769321 28.228078
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za