Crocodile Bridge Safari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Crocodile Bridge Safari Lodge is 'n selfsorg-lodge wat aan die oewer van die Krokodilrivier geleë is. Dié lodge grens ook aan die wêreldbekende Krugerwildtuin. Crocodile Bridge Safari Lodge is uitsluitlik ontwerp met ons gaste in gedagte, en daar is uitmuntende uitsigte oor die Krugerwildtuin en die Krokodilrivier met menigte wild wat direk van die lodge af dopgehou kan word.

Ons is ook 200 meter van die Krokodilbrug-ingang geleë, wat beteken gaste het gerieflike toegang tot die Krugerwildtuin. Hierdie suidelike deel van die Wildtuin is bekend vir sy volop wild en jy sal regtig ongelukkig wees as jy nie minstens 4 van die Groot 5 tydens jou rustige oggendrit gewaar nie.

Na 'n opwindende dag van wildkyk kan jy afkoel in die swembad terwyl jy teug aan 'n skemerkelkie met die Afrika-sonsondergang se kleure wat kaleidoskopies oor die bosveldlandskap speel.

Gaste kan hulle selfsorg-aandetes in die grasdak-lapas onder die majestueuse naghemel om die kampvuur geniet. Ons voorsien 'n gemeenskaplike braaivuur en 2 gratis bykosse. Die gemeenskaplike kombuis en -eetkamer is volledig toegerus vir selfsorg.

Drink soggens 'n lekker koppie boeretroos terwyl jy kyk en luister hoe Afrika wakker word!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Crocodile Bridge Safari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false